Leesplan inligting

Nege algemene leuens wat Christene glo: Deel 2 van 3Voorbeeld

9 Common Lies Christians Believe: Part 2 Of 3

DAG 3 VAN 3

Volgens die HAT woordeboek, beteken die woord paradoks "'n uitspraak wat skynbaar teenstrydig is maar by nadere betragting is dit nie so nie." Wat dus vir die wêreld dwaas voorkom, is juis dít wat die krag van God demonstreer. Wanneer jy die beginsels hoe God dinge doen met dié van die wêreld vergelyk, lyk alles agterstevoor. Bo is onder. Links is regs. Verkeerd is reg. 'n Kolskoot tref nie eens die teiken nie. Wen beteken om te verloor. Laaste is eerste. Om te lewe is om te sterwe. 



Hier volg 'n paar goeie voorbeelde van paradokse in die Skrif: 



Om verhoog te word, moet jy nederig wees. "Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog" (Jakobus 4:10). "Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het" (1 Petrus 5:6).



Om sterk te wees, moet jy swak wees. "Sy antwoord was: 'My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.' Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk" (2 Korintiërs 12:9-10).



Om 'n ontvanger te wees, moet jy 'n gewer wees. "Deur my voorbeeld het ek in elke opsig vir julle gewys dat ons hard moet werk sodat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: 'Om te gee, maak 'n mens gelukkiger as om te ontvang'” (Handelinge 20:35).



Om te lewe, moet jy sterwe. "As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees 'n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe" (Romeine 8:13). "Hy moet meer word en ek minder" (Johannes 3:30).



Hoe uitermate verwarrend, maar tog so wonderlik pragtig is hierdie paradokse uit die evangelie. 



Vrae om oor na te dink: 



Watter paradoks het jou die meeste bemoedig? Hoe kan jy jou geestelike groei bevorder deur daarop te konsentreer? 



Die waarheid: 



Daar is 'n weg wat vir die wêreld reg lyk, en daar is 'n weg wat vir die Here reg is. Kies altyd die Here se weg bo dié van die wêreld. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

9 Common Lies Christians Believe: Part 2 Of 3

Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel meer. Hierdie leesplan sal help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is. Hie...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/567221/9-common-lies-christians-believe-by-shane-pruitt/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid