Leesplan inligting

Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te WenVoorbeeld

I Declare War: 4 Keys To Winning The Battle With Yourself

DAG 4 VAN 5

Die Stryd Voor die Wedstryd


Terwyl ons onlangs 'n kas in ons huis skoonmaak, kom ek en my vrou toevallig op 'n versameling van my ou preeknotas af uit die tyd toe ek pas begin preek het. In die begindae sou ek heen en weer stap terwyl ek my boodskap op 'n bandopnemer opneem en dan terugspeel om te hoor hoe dit klink. As ek nie daarvan gehou het nie, het ek die proses maar weer herhaal. Terwyl ek hierna kyk, vlieg my gedagtes 16 jaar terug na die dae toe ek letterlik naar geword het voor ek die verhoog bestyg het. Ek vereenselwig my met Eminem wat in die klub se badkamer naar geword het voor sy eerste hip-hop wedstryd, in die fliek "8 Mile". Dit was egter nie as gevolg van my ma se spaghetti nie (ek sou nooit met so 'n ryk dis in my maag kon preek nie), maar ek het wel droog-braking ervaar voor ek gepreek het en so het dit vir ongeveer 'n jaar aangehou. Daarna was ek bewerig, lighoofdig en geweldig vreesbevange dat ek sal vashaak terwyl ek probeer om die sleutelpunte van my boodskap te onthou.  Gewoonlik het ek beter gevoel as ek opgegooi het en het onmiddellik goed gevoel wanneer ek eers op die verhoog is. Al die senuweeagtigheid sou verdwyn en ek sou in my element wees terwyl ek my natuurlike aanleg uitleef, dit was net 'n foltering om eers daar te kom. Dit werk so. Die oorgang van al die voorbereiding tot by my uiteindelike optrede, was my ritueel voor die tyd. Dit geld vir byna alles wat jy onderneem. Jy moet eers die oorlog van binne wen voor jy die oorlog aan die buitekant kan wen. 


Deesdae begin ek nie praat voor ek eers deur 'n belangrike ritueel gegaan het nie. Dit behels om op my knieë in gebed te gaan en my swakhede te erken, sodat ek in Christus se krag kan voortgaan. Die oorsprong van sommige dinge wat ek in my voorbereiding integreer het, het sy oorsprong in atletiek. 


Die beste atlete weet hoe om hulself te kalmeer terwyl hul gereedmaak om te kompeteer. Pele is bekend as die mees begaafde Brasiliaanse sokkerspeler van alle tye. In sy boek "Mental Gym," vertel Gary Mack van sy onderhoud met Pele oor sy ritueel voor die wedstryd. Hy sou in die kleedkamer 'n paar kussings gryp, nie 'n sokkerbal nie, en eenkant gaan lê met een kussing onder sy kop en 'n ander op sy gesig. Dit klink vreemd, maar dis nie al nie. In sy gedagtes gaan hy dan terug na sy kinderdae en verbeel hom hy speel sokker op die strand, want dis waar hy die spel begin geniet het. Destyds het hy nie vir geld gespeel nie, maar net omdat hy so baie van die sport gehou het. Dan verskuif sy gedagtes na die hoogtepunte van sy loopbaan, die beste oomblikke toe hy presies volgens plan gespeel het. Na die herinneringe van die groot oomblikke in sy lewe, sou sy gedagtes vorentoe bewegg na die hede: wat hy daar kom doen het, die rede vir sy teenwoordigheid in die stadion. Hierna sou hy begin dink hoe hy wil speel en kon hy eintlik voel hoe hy homself in die rolprentteater van sy denke sien speel. Dan staan hy op, sluit by die span aan en begin strekoefeninge doen. Nou was hy gereed om as 'n onstuitbare krag die stadion binne te gaan. Hy is dan rustig en kalm—hy het homself mos reeds gesien wen, al wat dus oor was, was om dit te doen.



Ek het onmiddellik gedink aan wat Petrus gesê het toe ek dit lees. Hy skryf: "...Sorg dat julle helder dink en gedissiplineerd lewe" (1 Petrus 1:13b NLV).


Ek sien dit ook in Moses, wat geweet het wat hy veronderstel was om te doen. Maak 'n nasie uit slawe, verenig die stamme, lei God se volk na die beloofde land. Hy het dit nie uit die vuis probeer doen nie, daar was spesifieke stappe om te volg: van kierie tot slang, hand tot melaatsheid, water na bloed en hy het dit twee keer gedoen voor hy op die gegewe dag by die farao se hof aangekom het. Hy het sy denke vir aksie voorberei en seker gemaak alles is vasgelê. 



Wanneer dit kom by die uitvoering van wat God in jou geplaas het, kan ons nie voorbereiding oor die hoof sien nie. Dalk moet ons liewer na ons "stiltetyd" met God in die oggend verwys as "gereedmaak vir die stryd". Rus 'n oomblik, haal asem, luister na God, bring tyd in sy Woord deur en laat sy waarheid oor jou spoel.



Dit maak nie saak wat in jou dag voorlê nie, 'n stadion vol mense voor wie jy moet optree, 'n vuurpyl lansering na Mars, 'n klaskamer met studente vir wie jy 'n lesing moet gee, of 'n kleuter wat jy moet versorg, dit is 'n feit: Jy is nie gereed om die stryd aan te voer voor jy jou nie vir die wedstryd voorberei het nie. 



Vrae om aan jouself te vra:




  1. Watter dinge moet ek uit my oggendroetine uitskakel om die dag met krag te begin? Watter dinge moet ek byvoeg?

  2. Wat het God in my geplaas wat ek verhinder om na vore te kom, omdat ek nie my denke vir aksie voorberei het nie?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

I Declare War: 4 Keys To Winning The Battle With Yourself

Wen die stryd met jouself deur oorlog te verklaar teen die weergawe van jouself wat jy nie wil wees nie. Ontdek die gedagtes, woorde, gewoontes en krag wat jy benodig om hierdie oorwinning te behaal. Jy is heel waarskynl...

More

Ons bedank pastoor Levi Lusko vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://levilusko.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid