Leesplan inligting

Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te WenVoorbeeld

I Declare War: 4 Keys To Winning The Battle With Yourself

DAG 3 VAN 5

As Jy So Sê


Dit was die jaar 1997. Ek was pas klaar met my huiswerk en het 'n grondboontjie toebroodjie verorber toe ek skielik na 'n glas melk gesmag het. Die TV-program waarna ek gekyk het, is deur 'n advertensie onderbreek en ek was met 'n flinke sprong oor die bank se rugleuning, het die yskasdeur oopgeruk en gulsig die yskoue melk sommer uit die karton gedrink. Ek was egter net vir 'n breukdeel van 'n sekonde tevrede toe ek besef...die melk is suur; dit was glad nie meer drinkbaar nie. Die melk was nie net 'n dag of twee oud nie, maar 'n week na die vervaldatum. Dis seker nodeloos om te sê dat ek so erg opgegooi het, dat 'n stuk kougom wat sedert graad twee in my dunderm vasgesit het, in die proses losgekom het. Daardie dag het ek werklik besef waarna Matteus 15:10 verwys. (Dit was 'n stortvloed... nou ja, te veel inligting?) Die Matteus evangelie vertel ons dat daar iets selfs gevaarliker is as om kos wat sleg geword het te eet; dis wat van binne af oor ons lippe kom wat ons lewe onrein maak. 


Wanneer God ons oor iets hoor kla, soos die vergadering wat sleg afgeloop het, jou skedonk van 'n motor, jou ondankbare kinders, jou lui man, jou klein dorpie, jou beknopte huis...reageer Hy so daarop: As jy so sê. Die dinge wat jy sê, bepaal hoe jy voel en jy sal kry wat jy soek. 


Net so is daar krag in goeie uitsprake. 


Met die skepping het God gespreek en die wêreld het tot stand gekom. Met die menswording het God gespreek en Jesus het ons wêreld binnegekom. Dit gee jou insig in die gewig wat woorde dra.  Jy behoort nederig te wees in die wete dat God aan jou woorde dieselfde krag gegee het. Dis deel van die fantastiese voorreg om na sy beeld geskape te wees. Daar is geweldige mag in jou woorde wat 'n kragtige woede kan loslaat, afbreek, bou, heel of seermaak. 


Een van my gunsteling Bybelverhale illustreer presies wat ek probeer verduidelik. Matteus 8 vertel van die Romeinse offisier wat Jesus se hulp kom vra het toe sy slaaf ernstig siek was. Jesus se reaksie was om dadelik na sy huis toe te gaan om te help. Hier word die verhaal interessant. Die offisier voel hy is nie belangrik genoeg daarvoor nie. Eerstens sou hy vir Jesus ongerief aandoen om daarheen te reis. Tweedens sou Jesus onrein wees as Hy 'n heiden se huis binnegaan, aangesien Hy daarna reinigingsrituele sou moes deurgaan voor Hy sy werk kon voortsit. Jesus sou "heidense infeksie" opdoen, dus wou hy vir Jesus wat aan hom 'n guns bewys, nie so verontrief nie. Jesus was verwonderd oor die offisier se merkwaardige geloof. Jesus het omgedraai en 'n paar wonderlike woorde van wysheid gespreek. Hierdie woorde is oorspronklik deur Jesus gesê, lank voor dit deur Paul McCartney en John Lennon gesing is: "Let it be." Matteus 8:13: "...wat jy geglo het, sal gebeur." Dit is ook die oorsprong van ons woord AMEN, wat losweg vertaal word as "laat dit so wees." Wanneer ons amen sê, sê ons in der waarheid "mag dit wat gebid is waar word." Met die oog op die reaksie van die gesprek tussen Jesus en die offisier, moet ons doel wees om so 'n dapper gebed te bid wat Jesus sy wenkbroue laat lig en vir jou sê: Amen, laat dit so wees. 


Dit hang dus van jou af of die selfvervullende profesieë wat jy verwoord 'n vreugde of tronksel word. God se reaksie op die wyse waarop jy praat is: As jy so sê. 


Vrae om aan jouself te vra:


  1. Hoe praat ek met myself en ander? Hoe praat ek dat my woorde positief is? Wanneer sukkel ek om my tong te beheer?
  2. Dink aan 'n area in jou lewe waaroor jy geneig is om te kla of negatief te praat. Daag jouself hierdie week uit om elke keer wanneer jy in die versoeking is om te kla, 'n manier te kry om God eerder te dank.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

I Declare War: 4 Keys To Winning The Battle With Yourself

Wen die stryd met jouself deur oorlog te verklaar teen die weergawe van jouself wat jy nie wil wees nie. Ontdek die gedagtes, woorde, gewoontes en krag wat jy benodig om hierdie oorwinning te behaal. Jy is heel waarskynl...

More

Ons bedank pastoor Levi Lusko vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://levilusko.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid