Waarom Paasfees?Voorbeeld

Waarom het Hy gekom, en waarom het Hy gesterf?
Jesus is die enigste mens wat nog ooit gekies het om gebore te word, en Hy is een van min wat gekies het om te sterf. Hy het gesê dat die hele rede vir sy koms was sodat Hy vir ons kon sterf. Hy het gekom "om sy lewe as 'n losprys vir baie te gee" (Markus 10:45).
Jesus het gesê dat hy "vir" ons gesterf het. Die woord "vir" beteken "in die plek van". Hy het dit gedoen omdat Hy ons liefgehad het en nie wou hê dat ons gestraf moes word vir al die dinge wat ons verkeerd gedoen het nie. Aan die kruis het Hy inderwaarheid gesê: "Ek sal al die dinge op myself neem." Hy het dit vir jou gedoen, en Hy het dit vir my gedoen. As jy of ek die enigste persoon in die wêreld was, sou Hy dit vir ons gedoen het. Paulus skryf van "die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my gegee het" (Galasiërs 2:20). Dit was uit liefde vir ons dat Hy sy lewe as 'n losprys gegee het.
Die woord "losprys" het sy oorsprong uit die slawemark. 'n Vriendelike persoon kon 'n slaaf koop en hom vrylaat, maar eers moes die losprys betaal word. Jesus het deur sy bloed aan die kruis die losprys betaal om ons vry te maak.
Aangaande hierdie leesplan

Wat is so belangrik aan Paasfees? Waarom is daar soveel belangstelling in 'n persoon wat meer as 2000 jaar gelede gebore is? Waarom is so baie mense opgewonde oor Jesus? Waarom het ons Hom nodig? Waarom het Hy gekom? Waarom het Hy gesterf? Waarom moet enigiemand die moeite doen om dit uit te vind? In hierdie 5-dag leesplan deel Nicky Gumbel dwingende antwoorde op hierdie vrae.
More
Verwante Leesplanne

Bid Met Verwondering Deur Kersfees

Kersfees Bemoediging deur Greg Laurie

Die Karakters van Paasfees: Simon Petrus

Die Kersverhaal

Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens die Vastyd

Die 49-week Uitdaging

Vreugde: 'n Aftelling tot by Kersfees

Die Man aan die Kruis in die Middel: 'n 7-dag Paasfees leesplan

Aan Ons: Vier die Koms van Jesus
