Leesplan inligting

Waarom Paasfees?Voorbeeld

Why Easter?

DAG 1 VAN 5

Waarom het ons Jesus nodig?  



Ek en jy is geskape om in 'n verhouding met God te leef. Totdat ons in daardie verhouding is, sal daar altyd iets in ons lewens ontbreek. Ons is ook tot dan gedurig bewus van hierdie leemte. Een rock sanger het dit beskryf deur te sê: "Ek het 'n leegheid diep binne my."



'n Vrou skryf in 'n brief aan my van 'n "diep, diep leegte." 'n Ander jong meisie het gepraat van 'n "stukkie wat ontbreek in haar siel".



Mense probeer om hierdie leegheid op verskillende maniere te vul. Sommige probeer om die gaping met geld te vul, maar dit bevredig nie. Aristoteles Onassis, wat een van die rykste mans ter wêreld was, het aan die einde van sy lewe gesê: "Miljoene is nie altyd wat 'n mens in die lewe nodig het nie."



Ander probeer dwelms, oormatige alkohol of seksuele losbandigheid. Een meisie het vir my gesê: "Hierdie dinge gee onmiddellike bevrediging, maar dit laat jou agterna hol voel." Ander mense probeer weer hard werk, musiek, sport of soek sukses. Daar is miskien nie iets hiermee op sigself verkeerd nie, maar hulle bevredig nie die honger diep in elke mens nie.



Nie eens die naaste menslike verhoudings, al is dit ook hoe wonderlik, vul hierdie "leegheid diep binne-in" nie. Niks sal hierdie leemte vul nie, behalwe om in 'n verhouding met God te wees, waarvoor ons geskape is.



Volgens die Nuwe Testament, is die rede vir hierdie leegheid dat mans en vrouens hul rug op God gekeer het.



Jesus het gesê: "Ek is die brood van die lewe" (Johannes 6:35). Hy is die enigste een wat ons diepste honger kan bevredig, omdat Hy die Een is wat dit moontlik maak om ons verhouding met God te herstel.



a) Hy bevredig ons honger vir betekenis en 'n doel in die lewe



Slegs in 'n verhouding met ons Skepper vind ons die ware betekenis en doel van ons lewens.

b) Hy bevredig ons honger vir lewe na die dood



Die meeste mense wil nie sterf nie. Ons smag om anderkant die dood te oorleef. Slegs in Jesus Christus vind ons die ewige lewe. 

c) Hy bevredig ons honger na vergifnis.



As ons eerlik is, sal ons moet erken dat ons almal dinge doen wat ons weet verkeerd is. Deur sy kruisdood het Jesus dit vir ons moontlik gemaak om vergewe te word en weer in 'n verhouding met God te wees. 
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Why Easter?

Wat is so belangrik aan Paasfees? Waarom is daar soveel belangstelling in 'n persoon wat meer as 2000 jaar gelede gebore is? Waarom is so baie mense opgewonde oor Jesus? Waarom het ons Hom nodig? Waarom het Hy gekom? Waa...

More

Baie dankie aan Alpha en Nicky Gumbel wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://alpha.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid