Leesplan inligting

Jesus: Ons OorwinningsbanierVoorbeeld

Jesus: Our Banner of Victory

DAG 1 VAN 7



Oorwinning Oor Sonde



Die eerste keer toe Adam en Eva aan God ongehoorsaam was deur die vrug van die boom van die kennis van goed en kwaad in die tuin van Eden te eet, het sonde deel van die menslike natuur geword. Sedertdien word mense weens hulle sonde gebore met 'n natuurlike skeiding tussen hulle en God. Omdat Hy volmaak is, kan God eenvoudig nie in die nabyheid van sonde wees nie. In die Ou Testament moes die Israeliete gereeld 'n lam sonder gebrek offer as versoening vir hul sonde. Die offerlam moes onbevlek wees om die sondeskuld te bedek — dit was die enigste manier hoe iemand in die regte verhouding met God kon kom.



Daar word dikwels na Jesus verwys as die "Lam van God", omdat sy offer aan die kruis die mensdom se sonde bedek het. Een van die wonderwerke van die kruis is dat dit die vloek van Adam en Eva se sonde omgekeer het: net soos een daad van sonde die mensdom van God geskei het, het die offer van een volmaakte Persoon die sonde van alle mense bedek en so 'n weg tot versoening gebaan. Omdat Jesus homself vir ons aangebied het, het ons 'n geleentheid om weer in 'n verhouding met God te wees. Wanneer God na ons kyk, sien Hy nie ons sonde nie — Hy sien die geregtigheid van sy Seun.



Terwyl ons hierdie Paastyd binnegaan, wy tyd daaraan om na te dink oor die wonderbaarlike geskenk wat Jesus aan ons gegee het toe Hy sy lewe gegee het om ons sonde te bedek. Die apostel Paulus sê in Romeine 6:23: "Die loon wat die sonde gee, is die dood." In ons staat van ongeregtigheid, was ons in wese dood en bestem om vir ewig van God geskei te wees. Paulus gaan egter in die vers voort met die uiteindelike verlossingswaarheid: "Die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here." Te danke aan Jesus, is ons sondeskuld betaal en kan ons die ewigheid in die teenwoordigheid van God deurbring!



Aangesien Jesus ons met sy geregtigheid bedek het, is ons ook bevry van die mag wat sonde in ons lewens het. Moenie jouself toelaat om 'n slaaf van jou ou sondige natuur te word nie. Jesus het die oorwinning oor sonde behaal en Hy het hierdie oorwinning vrylik met jou kom deel! Jy is ter wille van vryheid bevry. Wandel daarin!


Laai vandag se beeld hier af


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Jesus: Our Banner of Victory

Wanneer ons Paasfees vier, vier ons die grootste oorwinning in die geskiedenis. Deur Jesus se dood en opstanding, het Hy vir altyd die krag van sonde en die graf oorwin, met al hul daaropvolgende newe-effekte, en het Hy ...

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.churchofthehighlands.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid