Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Gesprekke met GodVoorbeeld

Living Changed: Conversations With God

DAG 2 VAN 7

Lofprysing en Danksegging



As jy pas met God begin praat het, mag gebed nog 'n bietjie ongemaklik voel. Al bid jy al vir jare lank, kan dit soms moeilik wees om aan die gang te kom. 



Een van die eenvoudigste en beste maniere om 'n gesprek met God te begin, is om vir Hom dankie te sê. Almal hou tog daarvan om gewaardeerd te voel!



Sê vir God dankie vir jou huis, jou kar en die werk wat jy geniet. Sê vir Hom dat jy dankbaar is vir die lug wat jy inasem, jou goeie gesondheid en die gesin wat jou grys hare gee. Sê vir Hom dankie vir die leiding en bemoediging wat Hy jou gee deur sy Woord in die Bybel. En dank Hom dat Hy sy Seun Jesus gestuur het om 'n dood te sterf wat Hy nie verdien het nie, om jou die geskenk van die ewige lewe te gee, wat jy nooit kon verdien nie. 



Wanneer ons vir God dankie sê, erken ons sy krag, sy teenwoordigheid en sy voorsiening in ons lewens. Dit verander die manier hoe ons Hom sien en dit verander die manier hoe ons ons omstandighede sien. Selfs al is ons lewe moeilik, is dit onmoontlik om in sak en as te sit wanneer jy God prys vir wie Hy is en alles wat Hy gedoen het. As ons God dank word ons geforseer om weg te kyk van ons innerlike pyn en op te kyk na Hom. Wanneer ons oë op Hom gerig is, sien ons net sy grootheid en dit herinner ons daaraan dat nie een van ons probleme te groot is vir ons magtige God nie. 



As ons God ten eerste prys, verander dit die manier waarop ons God benader. As ons dankie sê vir wat ons het, voordat ons vir iets vra, bied dit ons die geleentheid om ons harte met God s'n in ooreenstemming te bring. Dit help ons om 'n houding van nederigheid in te neem en verwyder ons gevoel van geregtigheid, sodat ons herinner word aan sy karakter, sy beloftes en sy liefde vir ons, al kry ons nie waarvoor ons vra nie.



Dis 'n vorm van oorgawe as ons 'n gebed begin deur God te dank. Dis 'n vrywillige belydenis wat nie oor onsself gaan nie, maar net oor Hom. Dit verskuif ons fokus na die hemel en verdiep ons geneentheid teenoor ons God.



Doen: Begin 'n nuwe gewoonte om vir God van een ding te vertel waarvoor jy dankbaar is en verbind jou daartoe om dit weekliks of selfs daagliks te doen. Maak 'n lysie op jou foon, begin om 'n dankbaarheidsjoernaal te hou, of plaas dit op sosiale media, sodat wanneer jy terugkyk, jy maklik sy getrouheid sal raaksien.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Conversations With God

Baie mense wil 'n nouer verhouding met God hê, maar weet nie hoe om dit aan te pak nie. Wanneer ander mense gebed voorstel, voel dit te formeel, intimiderend of ondoeltreffend. Hierdie leesplan sal lesers help om God bet...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid