Leesplan inligting

Die krag van die Heilige GeesVoorbeeld

Die krag van die Heilige Gees

DAG 3 VAN 7

INNERLIK STERK DEUR DIE GEES


Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word. Efesiërs 3:16 


Jesus sal jou nooit meer laat dra as waartoe jy in staat is nie. Hy sal nooit vir jou ‘n taak gee wat jy nie in sy krag kan doen nie. Hy sal nooit van jou vra om die ekstra kilometer te loop as Hy weet jy kan dit nie doen nie. Soms sê ons: “Here, dit is te moeilik. Ek kan nie deur hierdie beproewing kom nie.” Dan sê Hy: “Jy kan. Byt vas. Uit die rykdom van my heerlikheid sal ek deur my Gees vir jou die krag gee om innerlik sterk te wees.” 


Onthou jy vir Sadrag, Mesag en Abednego wat in die brandende oond gegooi is en ongedeerd daaruit gekom het? Onthou jy die beproewing wat Daniël ervaar het? Hy is in ‘n kuil vol honger leeus gegooi. Koning Darius (Daniel 6:1) was lief vir Daniël, maar Daniël wou nie sy knie voor die gode van Babilon buig nie. Hy het nie eens die gordyne toegetrek toe hy sy God openlik aanbid het nie. Verg dit nie moed nie? Is dit nie ‘n vurige beproewing nie? Darius moes vir Daniël in die leeukuil gooi, maar die leeus het nie aan Daniël geraak nie. Dink aan die vroeë Christene wat ter wille van die evangelie van Christus op die brandstapel verbrand is. Hulle het lofliedere gesing terwyl die vlamme hulle verteer het. 


God sal deur sy Gees vir jou die krag gee om jou beproewings te deurstaan, en om sterker in jou geloof anderkant uit te kom. 


Dankie, Here Jesus, dat U my deur u Gees sterk sal maak wanneer ek deur beproewings gaan. Ek vertrou op U. Amen 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die krag van die Heilige Gees

Jesus het vir die dissipels gesê hulle moet in Jerusalem wag. Wag waarop? Om met die Heilige Gees gedoop te word, vir die Heilige Gees om oor hulle te kom en hulle te vul. Hierdie gawe van God is ook vir jou vandag beski...

More

Ons bedank Christelike Uitgewersmaatskappy en Angus Buchan vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:  https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid