Leesplan inligting

Die krag van die Heilige GeesVoorbeeld

Die krag van die Heilige Gees

DAG 5 VAN 7

MOENIE BANG WEES NIE 

My Gees sal altyd by julle bly. Moenie bang wees nie! Haggai 2:5 

Jy is tot alles in staat deur Christus wat vir jou die krag gee (Filippense 4:13). Glo jy dit? Leef daar steeds ‘n oorweldigende vrees in jou, wat jou so verlam dat jy nie voluit vir die Here kan leef nie? 

Deur die profeet Haggai herinner die Here jou vandag dat Hy vir jou sy Gees gegee het, en sy Gees sal altyd in jou en by jou bly. Moet dan nie bang wees nie! Jy kan triomfantlik leef. 

Glo dit, my vriend en jy sal die verskil in jou lewe sien. Ek bid vandag dat die Gees van God al die vrees uit jou lewe sal wegneem. Dan sal die Here Jesus Christus jou in sy koninkryk kan gebruik. Onthou, God gebruik nie net kampioene en wenners nie. Hy gebruik ook die randfigure, die mislukkings en die ongeleerdes in sy koningkryk. 

Onthou jy vir Petrus, die groot visserman wat vir Jesus drie keer verraai het? Die ander dissipels wat Jesus gevolg het, maar toe weggehardloop en Hom in die steek gelaat het? Tog het die Here hulle gebruik om sy goeie nuus aan al die mense te gaan verkondig.  

God wil jou vandag met sy Gees vul en jou van alle vrees vrymaak. Vra Hom om dit vir jou te doen. Dan sal jy nuut kan begin, as ‘n kind van God, gevul met die Gees, vry van vrees. Onthou hierdie woorde: “Waar die Gees van die Here is, is daar Vryheid” (2 Kor. 3:17). 

Dít is vryheid in Christus. 

Vader, dankie dat U my vrees wegneem. Dankie vir u Gees wat in my woon en my deur die lewe lei. Ek is lief vir U en aanvaar u genade wat U so vrylik aan my bied. Amen

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Die krag van die Heilige Gees

Jesus het vir die dissipels gesê hulle moet in Jerusalem wag. Wag waarop? Om met die Heilige Gees gedoop te word, vir die Heilige Gees om oor hulle te kom en hulle te vul. Hierdie gawe van God is ook vir jou vandag beski...

More

Ons bedank Christelike Uitgewersmaatskappy en Angus Buchan vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:  https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid