Leesplan inligting

Die krag van die Heilige GeesVoorbeeld

Die krag van die Heilige Gees

DAG 2 VAN 7

DIE KRAG VAN DIE HEILIGE GEES 


Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees tot in die uithoeke van die wêreld. Handelinge 1:8 


Toe ek ‘n seuntjie was, was ek ‘n introvert. Ek kon nie met meer as twee mense gelyk praat nie en wanneer ek ‘n meisie gesien het, het ek weggehardloop so vinnig as wat ek kon. Ek het ongeveer vyftig kilogram geweeg, en aknee op my wange en knopknieë gehad. Hierdie seun wat nie met meer as twee mense gelyk kon praat nie, die jong man wat net graad tien behaal het, verkondig nou die goeie nuus van Christus aan duisende mense. Hoe is dit moontlik? Ek sal jou vertel wat gebeur het. Ek het my lewe vir Christus gegee en die gawe van die Heilige Gees ontvang. God het my met sy Gees geseën en die Gees het my lewe heeltemal verander. Ek het nou die vermoë en die geleentheid om met mense oor die hele wêreld heen te praat. Ek het die voorreg ontvang om die evangelie van Jesus Christus aan duisende mense te verkondig. 


Op die Pinksterdag is Petrus met die Heilige Gees gedoop en vervul. Met sy heel eerste preek het drie duisend mense hulle tot Christus bekeer. Dit is die krag wat ons vandag nodig het, die krag van die Heilige Gees wat deur ons werk om ‘n verskil vir Christus in hierdie wêreld te maak. 


Die bewys van die Heilige Gees in jou lewe lê in die woorde en dade wat uit jou lewe voortkom. Kan mense die krag van God se Gees sien in hoe jy leef? 


My Vader, dankie vir u gawe van die Heilige Gees. Heilige Gees, werk deur my om die wêreld vir Christus te verander. Amen 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die krag van die Heilige Gees

Jesus het vir die dissipels gesê hulle moet in Jerusalem wag. Wag waarop? Om met die Heilige Gees gedoop te word, vir die Heilige Gees om oor hulle te kom en hulle te vul. Hierdie gawe van God is ook vir jou vandag beski...

More

Ons bedank Christelike Uitgewersmaatskappy en Angus Buchan vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:  https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid