Leesplan inligting

'n Plek Aan Die TafelVoorbeeld

A Place At The Table

DAG 7 VAN 7

Saam aan die Tafel

Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys. — Handelinge 2:46


Dink oor die laaste keer toe jy saam met jou hartsmense aan 'n tafel gesit het om te eet. 


Dalk was dit 'n verjaarsdagviering met koek en gelag. Dit kon dalk 'n aandete saam met vriende gewees het, waar julle tapas en stories gedeel het. Miskien was dit 'n ete by kerslig saam met 'n geliefde en crème brûlée vir nagereg.


Die tafel is 'n weerkaatsing van God se koninkryk, wat ons herinner dat elkeen van ons 'n plek het, en dat dit God se plan vir ons is om saam te eet en te aanbid.


Die Skrif bevat God se uitnodiging aan ons om aan die tafel te gaan sit. Sy plan vir redding, liefde, waarheid en goedheid, is op elke bladsy en in elke storie. Baie van ons weet alreeds dat ons uitgenooi is om deel te neem aan 'n groter storie as onsself.


Maar wat van hulle wat nie weet dat hulle uitgenooi is nie? 


Romeine 10:14-15a vra: "Maar hoe kan 'n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie?


God het 'n voortreflike maaltyd voorberei. Christus sit aan die tafel, en nooi almal uit om saam met Hom aan te sit en te eet. Dié van ons wat die Woord ontvang het, is geroep om Jesus se ambassadeurs te wees om die uitnodigings af te lewer. Ons kry die kans om mense uit te nooi na die tafel en hulle aan die gasheer van die beste partytjie in die geskiedenis voor te stel.


Die koninkryk van die hemel is vir elkeen wat die naam van die Here aanroep en sy uitnodiging aanvaar. 


Jy is uitgenooi.


Vir wie gaan jy uitnooi?


Stof tot nadenke:


  • Dink aan 'n keer toe jy nie na 'n partytjie toe genooi is nie. Hoe het jy gevoel? 
  • Op watter maniere het jy God se tafel ervaar?
  • Hoe kan jy help om hulle uit te nooi wat vir God se Woord wag?

Hoe kan jy hulle help wat wag vir 'n uitnodiging na God se tafel toe?


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

A Place At The Table

'n Waskom. Nagmaal elemente. 'n Visvangnet. Dit is alles deel van 'n vertoonstuk van 'n baie spesiale byeenkoms. In hierdie leesplan gaan jy sien hoe elke unieke stuk versiering 'n manier voorstel waarmee jy uitgenooi wo...

More

Baie dankie aan Wycliffe wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.wycliffe.org/table

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid