Leesplan inligting

Op arendsvlerkeVoorbeeld

Op arendsvlerke

DAG 3 VAN 4

“Troos”




Hartseer mense het troos nodig. Treurende mense soek iemand wat vashou en verstaan en omgee. Jesus het in sy saligsprekinge spesiaal gedink aan mense wat treur. Hulle sal vertroos word, want God hou nie daarvan as sy kinders huil nie. 




Dit is interessant dat Jesus nie die treurendes bejammer nie, maar hulle eerder gelukkig of geseënd noem. Die rede vir die geluk lê in die troos wat hulle gaan ontvang. Wanneer God jou troos, is daar altyd hoop. Ja, vir seker sal jy hartseer wees oor byvoorbeeld die verlies van ’n dierbare of ’n onherstelbare verhoudingsbreuk. Maar jy sal verder kyk as vandag se pynervaring, jy sal God se ondersteunende krag ervaar en weet dat daar met God by jou ’n toekoms is. God se troos is genesend. 




Soms word ons self deur pyn gelouter om vir ander wat swaarkry tot seën te wees. En wat maak ’n mens gelukkiger as om vir iemand anders tot troos te wees?




Jesus het belowe om te bid dat God vir ons ’n Trooster (Bybel in Afrikaans 1933/1953) sal stuur. En dié Trooster is die Heilige Gees wat by ons inwoon en ons met krag versterk.



Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Op arendsvlerke

Dikwels word ons onverhoeds deur moeilike omstandighede in ’n hoek gedryf. Maar as daar een ding is wat ’n man moet onthou, is dit dít: Wanneer jy kragteloos voel omdat moeilike omstandighede jou kragte getap het, gee di...

More

Hierdie oordenkings is geneem uit OP ARENDSVLERKE deur Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid