Leesplan inligting

Op arendsvlerkeVoorbeeld

Op arendsvlerke

DAG 1 VAN 4

“Krag”




Dikwels word ons onverhoeds deur moeilike omstandighede in ’n hoek gedryf. Mense laat ons in die steek. Die kompetisie is besig om ons skielik te oorweldig. Die mediese verslag is ongunstig. Kinders stel jou teleur. Dinge kan op duisend en een maniere skeef loop. 




Moenie toelaat dat dit jou verswelg nie. Raak net vir ’n paar oomblikke rustig en ervaar God se greep op jou lewe. Hy hou jou vas. Neem Hom op sy woord en herinner Hom aan sy beloftes. En luister na sy stem. Hy sal vir jou die regte koers aandui.




God omgord jou met krag. Wanneer jy kragteloos voel omdat moeilike omstandighede jou kragte getap het, gee die Here weer nuwe veerkrag aan jou lewe. Jy het die ondraaglike laste afgelê, dit aan die Here oorgelaat, en jy het weer vastigheid gevind. Soos die ribbok kan jy op hoë plekke stewig staan.




Moenie paniekerig raak wanneer omstandighede jou laat voel asof jou lewe buite beheer geraak het nie. Ervaar die Here se krag in jou lewe en staan vas op hoë plekke! 




Hierdie oordenking is geneem uit OP ARENDSVLERKE deur Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy. Besoek www.cumbooks.co.za  vir meer inligting.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Op arendsvlerke

Dikwels word ons onverhoeds deur moeilike omstandighede in ’n hoek gedryf. Maar as daar een ding is wat ’n man moet onthou, is dit dít: Wanneer jy kragteloos voel omdat moeilike omstandighede jou kragte getap het, gee di...

More

Hierdie oordenkings is geneem uit OP ARENDSVLERKE deur Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid