Leesplan inligting

Op arendsvlerkeVoorbeeld

Op arendsvlerke

DAG 2 VAN 4

“Beskerming” 




Die Here word dikwels in die Ou Testament as ’n skuilplek of rotsvesting voorgestel. Met dié woorde word gedink aan ’n veilige plek waar niks en niemand my kan skade berokken nie. 




Maar hoe werk dit, hoe skuil ’n mens by die Here? Dit is ’n geloofsdaad. Dit beteken om jou moeilike omstandighede in die Here se hande te laat en volkome op Hom te vertrou. En dan bewys jy jou vertroue deur te jubel en te juig. Ja, jy is bly omdat jy weet die Here sal voorsien. Sy goedheid sal jou soos ’n skild beskerm. Want die Here beskerm dié wat sy Naam liefhet en oor Hom juig. 




God sal self met die vyand afreken ... maar laat almal wat by U skuil bly wees! Kom ons jubel oor God se goedheid.



Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Op arendsvlerke

Dikwels word ons onverhoeds deur moeilike omstandighede in ’n hoek gedryf. Maar as daar een ding is wat ’n man moet onthou, is dit dít: Wanneer jy kragteloos voel omdat moeilike omstandighede jou kragte getap het, gee di...

More

Hierdie oordenkings is geneem uit OP ARENDSVLERKE deur Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid