Leesplan inligting

Span Jou Tyd In Vir GodVoorbeeld

Using Your Time for God

DAG 1 VAN 4

Gebruik Jou Tyd Produktief



Toe ek nog op laerskool was het mense my dikwels gevra: "Wat is jou gunsteling vak?" My antwoord was altyd een van twee goed. Ek het gesê: "pouse" of "gimnastiek." My antwoord het my voorliefdes verraai. Ek het verkies om te speel eerder as om te werk. My ontluikende filosofiese denke oor die ewige "hoekom?" vrae het begin terwyl ek op 'n lang pad skool toe getrippel het en my verbeel het dat ek 'n koordrol kunstenaar in 'n sirkus was.



Ek het die sin van die lewe waarin ek gedwing was om vyf dae 'n week te doen wat ek nie wou nie bevraagteken. Ek was altyd 'n uur voor die tyd op die skool se speelterrein — nie uit ywer om 'n voorsprong in my studies te kry nie, maar sodat ek uit die daaglikse geswoeg, 'n uur se pret kon inkry voordat die skoolklok lui. Die tyd uitkoop het vir my beteken om kosbare minute se speel in te kry uit die vereiste werksure.



Ek het mettertyd besef dat dit wat Paulus bedoel het toe hy die lesers van sy briewe aangemoedig het om die tyd "(uit te koop) omdat die dae boos is" (Ef. 5:16), nie my gedrag in gedagte gehad het nie. Sy plegtige oproep was dat jy jou tyd produktief in Christus se koninkryk moes gebruik.



Coram deo: Leef in God se teenwoordigheid



Gebruik jy jou tyd in God se koninkryk produktief?



Kopiereg © Ligonier Ministries. Kry 'n gratis boek van R.C. Sproul by Ligonier.org/freeresource.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Using Your Time for God

'n Vierdag oordenking van R.C. Sproul oor hoe om jou tyd vir God te gebruik. Elke oordenking moedig jou aan om in God se teenwoordigheid, onder sy gesag en tot sy eer, te leef.

Ons bedank Ligonier Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: Ligonier.org/youversion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid