Leesplan inligting

God, Waar Is U?! (Saam Met John Bevere)Voorbeeld

God, Where Are You?! With John Bevere

DAG 7 VAN 7


* Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur "Watch on YouTube" te klik, dan op "YouTube Settings, Subtitles" en kies Afrikaans.


Oorwinning in die Wildernis


Die wildernis is ’n plek wat ons besoek, dit is nie ons uiteindelike bestemming nie. Indien dit reg hanteer word, sal jy oorwinning beleef in die wildernis.


As ’n jeugpastoor in die laat 1980’s, het ek ’n passie-gedreineerde wildernis beleef wat vir my veels te lank gevoel het. Ek het begin wonder of daar enige verandering in my stryd sou kom. 


Kort voor die probleme met my direkte hoof (wie my in onguns probeer bring het om my af te dank) begin het, het die Gees van God eendag, terwyl ek gebid het, aan my geopenbaar dat verandering onderweg is. “Jy gaan van die jeugpastoorskap onthef word,” het Hy gesê. “Ek gaan jou stuur na kerke en stede van die Oos- na die Weskus van Amerika; van die Kanadese grens tot by die Meksikaanse grens; na Alaska en Hawaii ...”


Ek het vir Lisa vertel wat ek van die Gees gehoor het en die twee van ons het in ons harte daaroor nagedink. Ons het dit met niemand anders as ’n pastoor in ’n ander staat gedeel nie. God het gesê dit is wat Hy gaan doen en ek het geweet dat, indien dit waarlik Hy was wat gepraat het, dit nie vir my nodig sou wees om Hom te “help” om hierdie droom te verwesenlik nie.


Dit het egter nie binne die volgende dag — of selfs die volgende week — gebeur nie. In werklikheid het etlike maande verbygegaan. Toe het my pastoor eendag in ’n vergadering ingestap en aangekondig dat die Here vir hom gewys het dat een van sy pastore (ons was elf op die personeel) in die nabye toekoms voltyds gaan reis en nie meer langer op die kerk se personeel sou dien nie. “John Bevere, daardie man is jy,” het hy gesê.


Nog tyd het verbygegaan — ses maande, om presies te wees — waartydens ek moes deurdruk in ’n intense woestynbelewenis. Toe, in ’n tydperk van slegs drie weke, het ek sewe uitnodigings ontvang om te preek. Een was ’n uur weg van die Kanadese grens, een was van die Ooskus van Florida, die ander ’n uur weg van die Stille Oseaan en nog een op die Meksikaanse grens! Ek het by my pastoor se kantoor ingestap om hom te vra wat om met die uitnodigings te maak. Hy het gelag en gesê: “John, ek het jou gesê die Here het dit vir my gewys; lyk my jou tyd het gekom.”


’n Kort tydjie later, in Januarie 1990, het die pastoor vir my en Lisa hande opgelê in ’n toewydingsdiens en ons is sedertdien voltyds op reis! Ek kan met vrymoedigheid sê dat ons baie (en ek kan nie die woord “baie” oorbeklemtoon nie) meer vrugte gesien het deur te wag op die Here se tydsberekening as wat sou gebeur indien ons self jare tevore die inisiatief sou neem, toe ek gedink het ek is gereed. 


Ek wil graag dieselfde resultate vir jou sien in jou lewensroeping. Vertrou God deur die proses. Vordering is onderweg! 


Het jy hierdie leesplan geniet? Ek wil jou aanmoedig om die reis voort te sit deur my boek “God, Where Are You?!” te lees. 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

God, Where Are You?! With John Bevere

Voel jy verlore in ’n moeilike tydperk van jou lewe en wonder “GOD, WAAR IS U?!” In hierdie insiggewende leesplan rus topverkoper outeur, John Bevere, ons toe met sleutel Bybelse insigte en diepgaande stories wat sal hel...

More

Baie dankie aan John & Lisa Bevere (Messenger Int’l) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://godwhereareyoubook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid