Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Wat weerhou jou van jou doelwit?
Vra jouself af: "Hoekom het ek nog nie my doelwit bereik nie?" Wat is die versperrings, struikelblokke en blokkades in jou pad?
Miskien is dit 'n finansiële, verhouding of akademiese probleem wat jou terug hou. Vir sommige mense is dit 'n emosionele hindernis. Baie mense saboteer hulle eie sukses, want hulle dink hulle verdien dit nie. Wat jou hindernis ook al is, jy moet dit identifiseer alvorens jy vorentoe kan beweeg.
In Genesis 24, het Abraham se slaaf verskeie hindernisse gehad voordat hy sy doel kon bereik om vir Isak 'n vrou te kry. Hy moes uitvind hoe om na 'n land te gaan waar hy nog nooit was nie, en dan nog die regte vrou op te spoor wat hy nog nooit ontmoet het nie. Hy moes haar dan oorreed om saam met hom terug te gaan na 'n vreemde land om met 'n vreemdeling te gaan trou. En natuurlik moes hy haar ouers ook oorreed om haar te laat gaan! Die meeste mense sal hierna verwys as 'n onmoontlike taak.
Ek het vandag vir jou 'n taak. Skryf jou doelwitte op 'n papier neer en skryf dan al jou hindernisse ook neer. Hoekom vra ek jou om dit te doen? Want jy kan nie 'n hindernis verwyder as jy nie eers identifiseer het wat dit is nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More