Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 4 VAN 365

Vra God se hulp om sukses te behaal

Sodra jy jou belofte in die Woord van God gekry het, bid en vra Hom vir sukses, net soos Abraham se slaaf in vandag se vers gedoen het.

Kan 'n mens regtig bid vir sukses? Ja! As jy nie vir sukses bid nie, wat is die alternatief? Gaan jy tot God bid en vra om jou te laat faal?

Abraham se slaaf wys duidelik vir ons dat ons vir God kan vra om 'n doelwit suksesvol te bereik, solank jou motiewe reg is. Wanneer jou sukses mense help en God eer, sal 'n gebed om vir sukses te vra nie 'n selfsugtige daad wees nie.

My vraag aan jou vandag is: Bid jy oor jou doelwitte? Bid jou oor jou toekoms? Bid jy oor jou drome of hou jy hulle net vir jouself?

Jou gebede openbaar 'n paar dinge. Eerstens, openbaar dit hoe ernstig jy oor jou doelwitte is. As jy nie daaroor bid nie, gee jy nie so baie daarvoor om nie. As jy net een keer daaroor bid, is dit nie iets wat jy verlang nie, dan is dit net 'n gier.

Die ander ding wat jou gebede openbaar, is hoe afhanklik jy van God is om jou doelwitte te bereik. As jy nooit oor jou doelwitte, werk, of finansies bid nie, is jy nie op enige van daardie terreine van God afhanklik nie. Hoe meer afhanklik jy van God is, hoe meer sal jy bid.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com