Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Wees spesifiek oor jou toekoms
Om te kom waar jy wil wees, moet jy presies beskryf wat jy wil hê. Abraham het byvoorbeeld vir sy slaaf presies vertel watter soort vrou hy vir Isak wil hê. Hy het vir hom gesê om terug te gaan na die land van sy familie en nie sy seun te laat trou met 'n dogter van die Kanaäniete by wie hy nou woon nie.
Jy sal nooit 'n vae doelwit kan bereik nie. Hoe meer algemeen dit is, hoe minder kragtig is dit. Hoe meer spesifiek dit is, hoe meer kragtig sal dit in jou lewe wees.
Vra jouself die volgende vier vrae: 1) Wie wil ek wees? 2) Wat wil ek doen? 3) Wat wil ek hê? 4) Hoekom wil ek dit hê?
Dit help nie jy weet net die wat nie, jy moet ook die hoekom weet — dit is jou motivering. As jy nie weet hoekom jy iets doen nie, sal jy maklik moed opgee wanneer dinge moeilik raak.
Toe Abraham se slaaf gehoor het wat Abraham se doelwit was, het hy begin vra: "Wat as?" As jy na die "wat as" van jou doelwit gaan luister, gaan jy as gevolg van bekommernis en vrees faal.
Jy hoef nie nou al op die hoe te fokus nie, want God gaan vir jou die hoe wys wanneer jy die hoekom uitgevind het. Hy sal jou help om deur al die probleme te werk wat in jou pad staan om jou doelwit te bereik.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More