Leesplan inligting

Oorwin DepressieVoorbeeld

Defeating Depression

DAG 5 VAN 5

         Het jy al ooit 'n seerplek gehad waarop 'n rofie vinnig gevorm het, maar dit bly seer? Elke keer wat jy dit gestamp het, was dit van voor af seer, want binne was dit nog nie heeltemal gesond nie. Het jy meer bewus geword van daardie area van jou lyf? Het jy 'n spesiale poging aangewend om versigtiger te wees om nie daarteen te stamp nie? Het jy doelbewus opgetree? Dit is presies dieselfde met ons seerkry en negatiewe gewoontes of negatiewe aksies. 



       Ons moet 'n bewustelike poging aanwend om die manier waarop ons dink, praat en doen te verander. Jy moet bewustelik optree om depressie te oorwin. Niemand kan dit vir jou verander nie. Jy is op jou eie om eenvoudig OP TE HOU met die dinge wat jy altyd GESÊ en GEDOEN het. Jy is op jou eie om jou denkwyse te vernuwe. Jy sal 'n bewustelike poging moet aanwend om voortaan meer tyd in gebed deur te bring, meer tyd in die Woord, en meer tyd om positiewe belydenisse te lees en daaroor te gesels, sodat jou bewuswording van die Woord en jou bewuswording van positiewe denke 'n tweede natuur word. 



        Hou aan met die goeie werk. Jy is op pad na vryheid. Dit is jou tyd, bly dus by die plan. Letterlik. Laat God toe om sy beloftes aan jou na te kom. Hou aan om te glo. Hou aan met belydenis. Hou aan bid. Bly positief. As jy 'n negatiewe persoon raakloop wat negatief praat en dink, HOU AAN LOOP.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Defeating Depression

Soveel mense vind hulself vasgevang in die put van depressie. Hierdie leesplan sal jou help om God se plan vir jou bevryding te begryp.

Baie dankie aan Linda Crawford Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.lindacrawford.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid