Leesplan inligting

Oorwin DepressieVoorbeeld

Defeating Depression

DAG 1 VAN 5

          Ek onthou die nag wat ek fisiek opgegee het. My depressie en vernielde lewe het al soveel beter begin vaar. Ek het begin aanvaar dat alles reg was, maar dit was nie. Daardie nag het ek die begeerte om te veg, verloor. Opgekrul in die fetale posisie het ek die donkerte oor my voel toesak. Trane het uit my oë gedrup en vurig oor my wange tot in my nek gerol. Ek het 'n benoudheid in my bors gevoel asof iets swaar teen my druk. "Dis te veel," het ek by myself gedink. "Dis te veel." Dit het gevoel asof ek ophou asemhaal het en hoekom sou ek nog probeer? Dit is beter so. Iemand sal my môre-oggend kry. Dit sal 'n natuurlike dood wees, depressief en alleen.



          In die laagste en moeilikste tye op jou lewensreis, mag jy dalk voel asof daar geen uitkoms is nie. Depressie kan oorneem en jou gedagtes kan jou mislei om te dink dat almal sonder jou beter af sal wees. As God se kind het jy 'n advokaat wat vir jou sal pleit, wat 'n uitkoms sal voorsien. Vir my was dit my 15-jarige seun wat vroeër van 'n sportoefening huis toe gekom het omdat hy gevoel het hy moes. God het na my omgesien en Hy het dit deur my seun gedoen. Hy het God dadelik vir my bevryding begin prys toe hy my hulpeloos en uitasem op die stoel sien. Ek onthou hoe hy geskree het: "Duiwel! Jy sal nie my mamma vat nie. Sy sal lewe en nie sterf nie.” God het hom vroeër huis toe gestuur om Hom te prys en sy mamma te red. 



          Soms sal jy op jou reis die laagste van laagtes beleef. Dis wanneer jy moet begryp dat die lewe soms net moeilik is. Ek onthou die tye toe dit goed gegaan het en iets onverwags gebeur het. Dis maar die lewe. Miskien het jy 'n geliefde aan die dood afgestaan en jy verstaan nie hoekom nie. Miskien het jy jou droomwerk of -huis verloor en jy verstaan nie hoekom nie. Miskien word die depressie net erger in plaas van beter, en jy verstaan nie hoekom nie. Miskien het jy ontdek jou beste vriend van meer as 30 jaar is toe NIE jou beste vriend nie, en die pyn voel ondraaglik. Wat dit alles erger maak, is dat jy nog steeds nie verstaan hoekom nie. 



         Deur al hierdie dinge sal God jou die krag gee om aan te hou. Jy kan nie moed verloor nie, want dis nie wat jy veronderstel is om te doen nie. Jy moet volhard en gehoorsaam wees terwyl jy jou doel nastreef. Jy veg nou om jou lewe. Jou lotsbestemming sal baie ander mense ook beïnvloed. Verwag jou verlossing. Verwag jou skielike redding. Dit is op pad. Jy moet jou denke so instel dat jy jou lotsbestemming sal bereik, ongeag wat vir jou wag. Jy sal alles kry wat God vir jou wil gee. Soek Skrifgedeeltes wat dit bevestig. Lees die Woord en sê dit hardop. Vernuwe jou denke en gees met die Woord van God, al voel dit nie of dit help nie. 



        Moed verloor? Dis net nie hoe dit moet wees nie. Die probleem mag dalk groot wees, maar jou God is groter. Mediteer oor die Woord al voel jy nie lus nie. Prys God aanhoudend vir jou vordering, al sien jy dit nog nie raak nie. Jy lewe deur geloof. Wend jou tot gebed en die Skrif. Laat God toe om sy beloftes aan jou te hou.




Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Defeating Depression

Soveel mense vind hulself vasgevang in die put van depressie. Hierdie leesplan sal jou help om God se plan vir jou bevryding te begryp.

Baie dankie aan Linda Crawford Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.lindacrawford.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid