Leesplan inligting

Oorwin DepressieVoorbeeld

Defeating Depression

DAG 4 VAN 5

         Studies toon dat baie mense wat vandag emosionele pyn ondervind, 'n soort trauma en/of verwerping as kind ervaar het. Die algemeenste manier wat die vyand aanval, is deur verskeie vorme van verwerping: selfverwerping, vrees vir verwerping, 'n tekort aan eiewaarde en mishandeling — alles wat lei tot die skande-woord: "depressie.” Hierdie emosies staan tussen ons en ons eindbestemming omdat ons nie kan vorder nie. 



       Ons harte is dikwels gevul met pyn, onvergewensgesindheid en troebelheid … tot so 'n mate dat dit moeilik is om 'n positiewe toekoms van enige aard vir onsself te sien. Daar is dinge wat jy op 'n gereelde basis kan doen om weer op die regte pad te kom, om jou na 'n gelukkige plek te lei — jou reis na vryheid. Alhoewel daar geen kitsoplossings of towerformules is nie — behalwe 'n onmiddellike ingryping deur God — sê die Skrif dat jy bevry kan word.



       Die een taak wat jy op jou reis na vryheid kan verrig, is om iemand te kry met wie jy kan praat. Erken enige pyn en verkeerde dade en praat met iemand daaroor, al skryf jy dit net in jou dagboek, maar om met 'n berader te praat is eintlik ideaal. Neem dan die besluit om die Woord van God daagliks te bestudeer sodat jy tyd met jou Verlosser deurbring, eerder as wat jy dink aan die probleme wat jou in slawerny hou. 



       Laastens, kry 'n manier om jouself en die mense wat jou seergemaak het te vergewe. Vergifnis is van uiterste belang in jou soektog na vreugde en vrede. Groot gesondheidsfasiliteite sluit nou vergifnis in hulle kankerterapie en behandeling in. Sommige hospitale bied selfs vergifnisterapie aan wat hulle saam met chemoterapie aanbied. Hoekom? Kundiges sê onvergewensgesindheid het 'n negatiewe invloed op 'n pasiënt se siekte. Studies verbind onvergewensgesindheid met omtrent elke bekende siekte, en raai wat? Dit is Bybels! 



         Die goeie nuus is dat jy bevry kan word. Jy kan 'n nuwe mens word omdat God werklik by jou is. Mediteer oor die Woord, al voel jy nie lus nie. Ek herinner jou ook om God gedurig te prys vir jou vordering, al sien jy dit nie raak nie. Weer eens, jy lewe deur geloof. Wend jou tot gebed en die Skrif. Laat God toe om sy beloftes aan jou na te kom.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Defeating Depression

Soveel mense vind hulself vasgevang in die put van depressie. Hierdie leesplan sal jou help om God se plan vir jou bevryding te begryp.

Baie dankie aan Linda Crawford Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.lindacrawford.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid