Bekommernis

Dag 1 van 7 • Vandag se leesstuk

Bybeldagboek
Wat as? Wat as? Het jy al ooit die "Wat as" vrae gevra? As jy dit doen begin kommer jou lewe oorneem. Om jou te bekommer beteken dat jy verantwoordelikheid aanvaar vir die dinge wat nie nie veronderstel is om te hanteer nie. Bekommernisse dui op 'n gebrek aan vertrou in die Skepper van die heelal. Bekommernisse sê dat jy dit kan hanteer, wanner jy dit in werklikheid dikwels nie kan doen nie. Is jy bekommerd dat jy oor te veel bekommer? Jy kan nie bekommernisse oorwin deur daaroor bekommerd te wees nie. Jy oorwin bekommernisse deur dit aan iemand te gee wat wel iets daaraan kan doen. Dit beteken nie dat jy nie verantwoordelikheid neem vir die dinge wat jy veronderstel is om te hanteer nie; dit beteken net dat jy weet wanneer om te stop en toe te laat dat God oorneem. Is jy bekommerd dat jy nie genoeg hiervan weet nie? Kyk wat sê die Bybel daaroor!