Leesplan inligting

Verlosser - Die Belofte VervulVoorbeeld

Verlosser - Die Belofte Vervul

DAG 6 VAN 29

Lees: Miga 5:1-3. Johannes 7:42


SOAP: Miga 5:1


Profesie het verklaar dat die Messias in Bethlehem gebore sou word - moontlik die mees onwaarskynlikste plek wat God kon kies! Miga vertel ons dat Bethlehem Efrata 'n klein dorpie was, volgens ons verwagtinge te klein om die Messias se geboorteplek te wees.


Betlehem ("huis van brood") verskyn verskeie kere in die Skrif. Ragel, Jakob se vrou, het naby Bethlehem gesterf toe sy aan Benjamin geboorte gegee het en sy is daar naby begrawe (Gen 35:16-20). Dit is die stad waarheen Naomi en Rut gegaan het, en Boas het daar met Rut getrou. Dit is ook Koning Dawid se tuisdorp. En, selfs belangriker, die Jode het geweet dat hulle Messias uit Betlehem sou kom (Johannes 7:42).


God het die "klein dorpie Bethlehem" uitgekies as die plek waar die Koning van die Jode gebore sou word. Ons sou aangeneem het dat die Seun van God na 'n groot stad soos Athene of Jerusalem sou kom, maar Hy is in 'n nederige stal in Betlehem gebore. God het die onbelangrike gekies, die klein, die onverwagte.


Dis een van die dinge omtrent God wat ek baie lief voor is. Hy kan enigiets met enigiemand op enige plek doen. Dalk voel jy soos Betlehem, te klein om deur God gebruik te word. Dalk is jy bang om ‘n droom wat God in jou hart geplaas het, na te streef, omdat jy voel dis ‘n te groot taak vir jou. God sal jou op 'n wonderbaarlike manier gebruik as jy Hom toelaat om dit te doen. Al wat Hy nodig het, is 'n gewillige hart. Hy sal die res doen. Hy sal jou lei en jou die krag gee om enigiets te doen wat Hy vir jou beplan het.


Liewe Vader, U het gekies wat dwaas is in die wêreld om die wyse te beskaam; U het gekies wat swak is in die wêreld om die sterkes te beskaam; U het gekies wat laag en nederig is, sodat geen mens kan roem behalwe in U teenwoordigheid nie. Ek prys U omdat U nie fokus op groot of klein nie. U kan enigiemand gebruik wat bereid is om U te gehoorsaam.


Mini uitdaging: Soek Bethlehem op 'n kaart en vind meer uit oor die stad. As jy avontuurlustig voel, vergelyk die ou stad met die hedendaagse een.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Verlosser - Die Belofte Vervul

Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier I...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid