Leesplan inligting

Verlosser - Die Belofte VervulVoorbeeld

Verlosser - Die Belofte Vervul

DAG 7 VAN 29

Lees: Sagaria 9:9-10, Lukas 19:35-38


SOAP: Sagaria 9:9


Weereens sien ons 'n Ou Testamentiese profesie tot vervulling kom in die Nuwe Testament. Dit help ons nie net om die Bybel as geheel te sien nie, maar help ons ook om te verstaan ​​dat God nog altyd 'n plan gehad het. Die Bybel is nie 'n klomp los stories wat bymekaar gesit is nie - van die begin tot die einde is dit die wonderlike plan van God wat die mensdom sou lei na Jesus en na redding.


Wat ek van vandag se verse hou, is dat dit vir ons 'n eenvoudige, maar akkurate definisie van vreugde gee. Vreugde hang nie af van omstandighede nie. Dit hang nie van mense, geld, besittings of vaardighede af nie. Dit het niks te doen met gevoelens, emosies of buie nie. Vreugde is nie iets wat van jou af weggeneem kan word nie, want dit is gewortel in die offer wat Jesus namens jou gemaak het. Ons is verheug omdat ons die ewige lewe het. Ons is verheug omdat Jesus al ons sondes aan die Kruis vergewe het. Ons is verheug omdat ons verseël is met die Heilige Gees. Ons is verlos, ons is vrygemaak en ons het nuwe lewe. Jubel en roep uit!


Soms leef ons in situasies wat ons dreineer. Ons voel nie om te jubel nie. Ons kan nie lag of gelukkig voel nie. Ek weet nie watter soort situasie jy tans in die gesig staar nie, maar onthou - selfs al gaan jy deur die donkerste vallei van jou lewe, kan jy vreugde vind. Vreugde kom van Wié God is en wat Jesus aan die Kruis gedoen het. Daar is niks wat dit van jou kan wegneem nie.


Abba, Vader, help my om te onthou dat u blydskap my krag is. Ek prys U vir die vreugde wat ek het as gevolg van wat Jesus vir my aan die Kruis opgeoffer het. Ek prys U omdat daar geen omstandighede of persoon in my lewe is wat my vreugde van my af kan wegneem nie. Amen.


Mini Uitdaging: Kom ons jubel vandag! Gaan sing Kersliedere saam met vriende in die strate of by bure se huise, of geniet Kersliedere in jou eie huis. Hoe jy dit ookal doen, sing met vreugde en roep jou lofsange uit! 





Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Verlosser - Die Belofte Vervul

Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier I...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid