Leesplan inligting

Verlosser - Die Belofte VervulVoorbeeld

Verlosser - Die Belofte Vervul

DAG 20 VAN 29

Lees: Lukas 1:34-38, Matteus 26:63-64


SOAP: Lukas 1:35


In gister se verse het Maria uitgevind wat God vir haar lewe beplan het - sy sou aan die Messias geboorte gee! In vandag se verse ontdek sy hoe dit sal gebeur: "Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek."


Maria kon verskonings gemaak het om nie gehoorsaam te wees aan wat vir haar vertel is nie, maar sy het nie. Haar antwoord was: "Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het."


Kom ons kyk vir 'n oomblik hoe merkwaardig Maria se antwoord is. Dit moes meer vertroue in die Here gevat het as wat ons sou dink. Maria stem in om 'n swangerskap te ontvang wat suspisieus gaan wees, en dít in 'n kultuur wat die doodstraf vir egbreuk toegepas het. Maria was 'n maagd wat aan Josef verloof was. In die oë van die wêreld sou sy hierdie baba buite-egtelik gehad het, omdat hulle nog nie getroud was nie. 


Maria se reaksie was om haarself aan God as sy gewillige dienaar oor te gee. Sy het die genade van God beleef (Lukas 1:30) en die Woord van God geglo en daarom was sy gereed om deur die Gees gebruik te word om die wil van God te bereik. Haar antwoord is ‘n aanduiding van hoe baie Maria God vertrou het. Wat 'n voorbeeld vir ons om te volg!


Liewe Heer, help my om voorbereid te wees vir elke goeie werk. Ek weet U het planne vir my. Ek weet dat sommige van hulle heeltemal buite my gemaksone sal wees en onverwags sal wees. Help my om in elke situasie met gehoorsaamheid aan U te reageer. Amen.


Mini uitdaging: Vier Jesus vandag deur ander op 'n spesiale - maar eenvoudige manier te bedien. Soms is die eenvoudigste vieringe en die kleinste besonderhede, die mooiste herinneringe.



Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Verlosser - Die Belofte Vervul

Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier I...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid