Leesplan inligting

Verlosser - Die Belofte VervulVoorbeeld

Verlosser - Die Belofte Vervul

DAG 24 VAN 29

Lees: Lukas 2:1-5


SOAP: Lukas 2:3-4


Hierdie is een van die bekendste Skrifgedeeltes. Miskien het jy, soos ek, dit al baie keer gelees. Verlede jaar het ek by my kerk se Vroue bediening opleiding gegee tydens hulle Kersfees vergadering en ek het iets nuuts (vir my) gelees wat ek nog nooit voorheen raakgesien het nie.


Maria en Josef was in Nasaret. Dit was hul tuisdorp en die plek waar Maria se seun veronderstel was om gebore te word. Mense in daardie tye moes meestal te voet reis, dus was lang reise nie so algemeen soos hulle nou is nie. Boonop was Maria swanger. Daar was geen manier dat hulle van Nasaret af sou trek nie.


Profesieë soos dié wat ons in Week 1 bestudeer het, het gesê dat die Messias in Betlehem, in die stad van Dawid, gebore sal word. Kan jy sien wat God gedoen het? Josef was van die geslag van Dawid, so hy moés daardie reis na Betlehem maak. Volgens die Romeinse wet hoef Maria nie saam met hom te gegaan het nie, maar dit het sin gemaak dat sy gaan, veral omdat sy in die laaste stadium van 'n omstrede swangerskap was. God het aardse owerhede gebruik om hulle na Betlehem te bring en die profesie te vervul soos dit in die Skrif vertel is.


God kan enigiets en enigeen gebruik om Sy wil te doen, selfs heersers, owerhede of ongelowiges. As iets God se wil is, kan jy dit nie keer nie. As iets nie God se wil is nie, kan jy dit nie afdwing nie. Selfs die almagtige Keiser Augustus was in die hande van die Almagtige God, en God het hom gebruik om sy wil te bereik.


Ek weet dit kan ongelooflik moeilik wees om op God te wag. Maar ongeag watter situasie jy jouself nou in bevind, wees bemoedig! God is in beheer en Hy sal enigiets en enigeen gebruik om dinge volgens sy volmaakte wil te doen.


Liewe Vader, ek dank U vir die perfekte plan wat U vir my lewe het. Help my om te onthou dat U altyd 'n plan het, U het altyd 'n doel, en U kan enige situasie en enige persoon in die wêreld gebruik om u wil te bereik. Amen.


Mini uitdaging: Ons kom nader aan Kersfees! Spandeer 'n tydjie vandag met 'n blywende afwagting op God. Selfs as jy nie seker is hoe Hy dit gaan doen nie, rus vandag in die wete dat God volkome in beheer is.



Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Verlosser - Die Belofte Vervul

Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier I...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid