Leesplan inligting

Verlosser - Die Belofte VervulVoorbeeld

Verlosser - Die Belofte Vervul

DAG 25 VAN 29

Lees: Lukas 2:6-7


SOAP: Lukas 2:6-7


Toe dit tyd geword het vir Maria se baba om gebore te word, was sy en Josef in Betlehem, heeltemal afgesny van haar hele gesin en die ondersteuning van vriende terug in Nazareth. Daar word nie vertel dat iemand Maria tydens die geboorte gehelp het nie, en die feit dat Maria die kind self toegedraai het, dui daarop dat sy alleen was. Sy het 'n paar stukke klere gevat om die baba in toe te draai en hom in 'n krip gelê.


Ek weet nie of die krip in 'n grot of 'n stal was nie, of dit aan 'n huis gegrens het of in 'n oop veld was nie. Ek weet ook nie of die krip uit hout of klip gemaak was nie, en of daar diere binne in was tydens Jesus se geboorte nie. Wat ek wel weet, is dit: Maria het baba Jesus in 'n krip neergelê, want daar was geen plek vir hulle in die herberg nie. Daar was geen plek vir Jesus nie.


Hy was die Seun van God. Hy kon gekies het om in 'n paleis gebore te word, in 'n groot gemaklike huis. Maar Hy het gekies om op die nederigste manier na die wêreld te kom. Hy het die ongemaklike, stinkende, en eensaamste manier gekies


Hoeveel keer het ek al gekla oor klein, onbenullige dingetjies wat my lewe 'n bietjie minder gemaklik maak? Hoeveel keer het ek my eie welsyn voor die wil van Jesus gestel? 


Hoeveel keer was daar nie plek in my hart, in my lewe, in my skedule vir Hom nie?


Liewe Heer, vergewe my wanneer ek my dinge bo U en my verhouding met U plaas. Vergewe my wanneer ek my hart vir U sluit en nie my prioriteite reg het nie. Help my om elke dag van my lewe plek vir U te maak. Amen.


Mini uitdaging: Het jy gunsteling aanbiddingsliedjies of Kersliedere wat jy graag sing? Oorweeg om 'n speellys te maak om met vriende of familie te deel - jy kan hulle selfs nooi om vir jou 'n lys liedjies te stuur wat hulle graag wil byvoeg. Jy kan dalk net 'n nuwe gunsteling ontdek!

Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Verlosser - Die Belofte Vervul

Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier I...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid