Leesplan inligting

Dis nie veronderstel om so te wees nie: 'n 5-Dag Uitdaging deur Lysa TerkeurstVoorbeeld

It’s Not Supposed To Be This Way: A 5-Day Challenge By Lysa TerKeurst

DAG 4 VAN 5

Wat Daarvan As Ek My "Gelukkig Vir Ewig" Nou Wil Hê?



Verseker. Gemaklik. Voorspelbaar.



Ek wil graag al hierdie woorde gebruik om my lewe te beskryf. My normale lewe.



Ek vermoed dat jy ook tevrede sal wees as hierdie woorde in jou storie gebruik word. 



Die Here stel dit egter baie duidelik in sy Woord, dat dinge in hierdie lewe, tussen die twee tuine, nie altyd gaan uitwerk soos ons dit wil hê nie:



"In die wêreld sal julle dit moeilik hê" (Johannes 16:33b).



"Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie" (Matteus 6:34b).



"Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie" (1 Petrus 4:12).



Kan ek maar eerlik wees? Al hierdie moeilikhede put my uit.



Om op onbekende terrein te beweeg, is vreesaanjaend. 



Dis waar ons moeg word en vrees vir die onbekende ons lam lê.



Vrees is 'n familielid van teleurstelling. Hulle hou verband, want ons voel hulle so diep aan, en hulle verlam ons so maklik, en die trooswoorde wat so baie Christene gebruik, help nie eintlik nie. Ons is desperaat om dinge makliker te maak as wat hulle regtig is.



Ek begryp dit.



In hierdie lewe tussen twee tuine, is dit egter nie hoe die meeste dinge uitwerk nie. Ons is pas deur 'n teleurstelling, of 'n ander een tref ons. En nog een.



Almal van ons dink dat as ons net deur hierdie omstandighede kan kom, sal die lewe uiteindelik kan normaliseer en die woorde, gelukkig vir ewig, sal oor die skerm rol terwyl ons weghuppel in die sonsondergang.



Hoe sou dit wees as jou lewe normaliseer en al jou teleurstelling verdwyn en dit die slegste is wat met jou kan gebeur?



Wat daarvan as jou "onbekende terrein" jou help en nie seermaak nie?



Wat daarvan as jou "onbekende terrein" jou help om van dinge ontslae te raak waarvan jy nie veronderstel is om te weet nie, omdat daardie kennis vandag 'n te swaar las vir jou sal wees? Die Een wat jy ken, die

Here, is in staat om dit alles te dra.



Onthou jy daardie verse oor moeilikheid, wat ons gelees het? Hier is hulle weer in die konteks van die hele Skrifgedeelte:



"Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin" (Johannes 16:33).



"Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring

genoeg moeilikheid van sy eie” (Matteus 6:33-34).



"Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die

lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid" (1 Petrus 4:12-13).



Die belangrikste ding vir ons om vrede te kan ervaar te midde van alles wat ons in die gesig staar, is om naby aan die Here te bly.



Ons dink ons het vertroosting nodig in die "onbekende terreine" van ons lewe. Vertroosting is egter nie die oplossing om te soek nie;

dis eerder 'n uitvloeisel van ons nabyheid aan die Here. 



REAGEER: Hoe kan jou tydperk op "onbekende terrein" jou eintlik meer help as seermaak? Watter vers hieroor het jou vandag die meeste bemoedig? Memoriseer daardie vers hierdie week. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

It’s Not Supposed To Be This Way: A 5-Day Challenge By Lysa TerKeurst

Sê jy ook partykeer vir jouself: "Dis nie hoe ek gedink het dit sou uitwerk nie"? Of dit nou 'n verhoudingskrisis is, of jy 'n geliefde verloor het, dit 'n onverklaarbare siekte is en of jy deur 'n moeilike lewensomstand...

More

Baie dankie aan HarperCollins wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.thomasnelson.com/p/its-not-supposed-to-be-this-way-book/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid