Leesplan inligting

Dis nie veronderstel om so te wees nie: 'n 5-Dag Uitdaging deur Lysa TerkeurstVoorbeeld

It’s Not Supposed To Be This Way: A 5-Day Challenge By Lysa TerKeurst

DAG 1 VAN 5

Die Storie wat Ons vir Onsself Vertel



Daar is 'n gunsteling storie wat ek graag vertel. Dis die een oor hoe my lewe behoort te wees.



Al sluit dit nie alledaagse besonderhede in nie, gaan dit gepaard met 'n algemene gevoel van welsyn. Eintlik meer as goed. Dis 'n storie waar ek ontspanne agteroor kan sit in 'n wonderlike land wat "normaal" genoem word. 'n Land wat ek nie geskep het nie, maar een waar ek toegelaat word om 'n sê te hê in enige veranderinge in my lewe. Ek kan selfs enige omstandighede veto wat nie reg lyk, voel of ruik nie. 



Mense is gaaf. Hulle doen wat hulle gesê het hulle gaan doen en is net 'n bietjie knorrig om dinge interessant te hou. Goeie dade is soos bome met bloeisels. Vrede sweef soos wolke. En die klankbaan is eenvoudig en mooi, en word al hoe harder met soete gelag.



Ek vermoed jy het ook so 'n weergawe van 'n storie wat jy vir jouself vertel. Ons wil net nie die einde van ons storie lees en goed voel oor onsself nie. Ons wil die pen neem en die storie self skryf. Ons is seker daarvan hoe dit alles moet uitwerk. Ons leef egter in onsekerheid, want ons kan nie die uitkoms voorspel of beheer nie.



Mense hou van goeie uitkomste. Ons sê dat ons God vertrou, maar agter die skerms werk ons baie hard en ons emosies is deurmekaar wanneer ons probeer om die uitkoms te beheer. Ons prys God as ons "normaal" lyk soos wat ons gedink het dit moet wees. Ons bevraagteken God wanneer dit nie so is nie. Ons raak vervreemd van Hom as ons vermoed dat Hy die een is wat ons hoop geblus het. Selfs die standvastigste mense kan verraai voel deur die winde van onvoorspelbare veranderinge.



Ja, ek veronderstel sekere dinge oor wat 'n goeie God behoort te doen en dan raak ek teleurgesteld as die winde van veranderinge kom en niks meer reg voel nie. Oor die afgelope paar jare het ek meermale hartseer ervaar in my huwelik, gesondheid en gesin. Dis nie hoe ek my lewe nou voorgestel het nie. Die besonderhede van jou storie is dalk anders, maar dis heel moontlik ook nie hoe jy dit nou vir jouself voorgestel het nie.



Daar is egter hoop. Alhoewel ons nie die uitkoms van ons omstandighede kan voorspel, beheer of afdwing nie, kan ons vir seker weet dat alles reg sal uitwerk. Selfs beter. Beter as normaal. Ons sal in oorwinning lewe, omdat Jesus oorwin het (1 Korintiërs 15:57). Mense wat in oorwinning leef is nooit bedoel om met normaal tevrede te wees nie.



Wat daarvan as die oorwinning net 'n deeltjie van die uitkoms is? Wat daarvan as 'n groter deel van die oorwinning behels hoe goed ons vandag lewe? Hierdie uur. Hierdie minuut. 



Oor die volgende paar dae gaan ons 'n manier vind om ons hoop te vereenselwig met die hart van God, eerder as die uitkoms wat ons gedink het die enigste manier na normaal is. Die Skrywer van die storie wat jy nooit kon uitdink nie, maar wat jou hartsbegeerte is. Daar is meer hierin as waarvan jy bewus is. Ek kan nie wag om te sien hoe dit in jou en my lewe uitspeel nie.



REAGEER: Hoe sal jy jou weergawe van "normaal" beskryf? Skryf 'n paar woorde neer wat by jou opkom. Hoe word jou siening van God beïnvloed as die werklikheid nie ooreenstem met hoe jy wil hê dinge moet uitwerk nie?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

It’s Not Supposed To Be This Way: A 5-Day Challenge By Lysa TerKeurst

Sê jy ook partykeer vir jouself: "Dis nie hoe ek gedink het dit sou uitwerk nie"? Of dit nou 'n verhoudingskrisis is, of jy 'n geliefde verloor het, dit 'n onverklaarbare siekte is en of jy deur 'n moeilike lewensomstand...

More

Baie dankie aan HarperCollins wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.thomasnelson.com/p/its-not-supposed-to-be-this-way-book/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid