Vreesloos In Die Geveg Voorbeeld

Fearless In Battle

DAG 2 VAN 17

Jesus moedig ons aan om geloof te hê wanneer dinge onmoontlik lyk. 

Hoe werk geloof? Eerstens begin geloof waar logika eindig. 

1 Korintiërs 2:5 sê dat ons geloof nie "gegrond is op die wysheid van mense nie, maar op die krag van God."

Geloof is gebaseer op wie God is - sy onveranderlike karakter, sy mag en sy Woord. Geloof is nie gebaseer op ons vermoë of vernuf nie. 

Abraham beklemtoon die "onlogiese" geloof. Hebreërs 11:8 sê: "Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom."

Anders as Abraham wil ons eers die voor- en nadele verstaan voordat ons 'n besluit of selfs 'n stap vorentoe neem. Geloof gaan oor algemene vertroue en gehoorsaamheid aan God, wie se weë ver bo ons begrip is. 

Geloof gaan veroorsaak dat jy, net soos Abraham, dinge moet doen wat radikaal is. Dit kan veroorsaak dat jy soos 'n dwaas lyk, maar onthou dat sulke dade van geloof tot die grootste deurbrake lei. 

Spreuke 3:5-6 moedig ons aan: "Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop."

Kom ons ontrafel daardie verse:

Vertrou in die Here - Ek en jy is geroep om volkome geloof in God te hê.

Moenie op jou eie insigte staatmaak nie - vergeet van jou logika

Ken Hom in alles wat jy doen - maak op God staat in alles wat jy doen 

En Hy sal jou die regte pad laat loop - Die gevolg: God sal vir jou 'n deurbraak gee. 

Een van die grootste uitdagings rakende geloof ,is die mens se logika. Geloof kan slegs funksioneer wanneer jy van logika ontslae raak.

Aangaande hierdie leesplan

Fearless In Battle

Is jy iemand wat gewoonlik ingee vir vrees? Of lewe jy konstant in geloof? In hierdie oordenking leer ons hoe om stappe in geloof te neem, sodat jy vir God die geleentheid bied om sy krag in jou skynbaar onmoontlike situasie te kom wys. Word geïnspireer deur 'n persoonlike getuienis van hoe dit is om vreesloos deur die skadu van die dood te loop. Leer om vreesloos te lewe.

More

Baie dankie aan Rajiv Chelladurai en LifeWay Publications India wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: https://lifeway.in/fearless/