Leesplan inligting

Beloftes van GodVoorbeeld

Beloftes van God

DAG 27 VAN 29

Lees: Psalms 34:19

SOAP: Psalms 34:19

Wanneer die lewe ons harte breek, kan ons aan hierdie belofte vasklou: God maak gebroke harte heel. Hy nader met sy genesing tot diegene wat pyn beleef en help hulle. Die verpletterende slae van die lewe kan nie heeltemal vernietig nie, want God tree altyd nader om jou te red.

Die vyand van ons siele wil hê ons moet dink dat God gevoelloos is wanneer ons lyding ervaar, maar ons moet daardie emosies van verwerping weerstaan. Moet nooit vergeet dat Jesus 'n Man van Smarte is wat gekom het om ons te verlos van die verpletterende gewig van sonde en verdriet nie. God tree altyd nader aan die gebrokenes en help hulle genees. Die genesing begin wanneer ons na Hom toe draai en Hom vra om sy genade op ons seer toe te pas. Is jy diep gewond? Lê jou pyn neer aan die voet van die Kruis. Christus sal jou wonde verbind.

Here, wees asseblief naby. Ek het nodig dat U my hart genees. Ek gee al die stukke vir U, omdat net U iets moois uit my gebrokenheid kan bring.

Amen.

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Beloftes van God

Het jy al ooit die gesegde: 'beloftes word gemaak om gebreek te word,' gehoor? Terwyl mense beloftes mag maak en dan breek, doen God wat Hy belowe. In hierdie vier weke-studie oor die beloftes van God sal ons kyk na hoe ...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid