Leesplan inligting

Beloftes van GodVoorbeeld

Beloftes van God

DAG 25 VAN 29

Lees: Klaagliedere 3:22-23

SOAP: Klaagliedere 3:22-23

God reik altyd uit na ons met 'n hart van medelydende genade. Sy liefde is standvastig en onvoorwaardelik, en Hy behandel ons nie volgens wat ons sondes verdien nie. Hy is getrou aan ons, selfs as ons misluk en wegval.

Dit is nooit te laat om om te draai en in God se rigting te hardloop nie. Elke môre is daar nuwe ontferming vir jou. As gister 'n totale mislukking was, kan jy vandag weer opstaan. As jy in die verlede selfsugtig opgetree het, kan jy berou toon en op die daad oor begin. God sal jou altyd omhels.

Here, dankie vir u standvastige liefde. Ek staan in verwondering oor u oneindige genade teenoor my. Help my om U getrou te volg al die dae van my lewe. Ek wil U altyd met 'n ope hart gehoorsaam.

Amen.

Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Beloftes van God

Het jy al ooit die gesegde: 'beloftes word gemaak om gebreek te word,' gehoor? Terwyl mense beloftes mag maak en dan breek, doen God wat Hy belowe. In hierdie vier weke-studie oor die beloftes van God sal ons kyk na hoe ...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid