Leesplan inligting

Blaas Geestelike Passie In Jou HuwelikVoorbeeld

Breathe Spiritual Passion Into Your Marriage

DAG 7 VAN 7

Anders as al die ander


Kom ek haal 'n gesegde van die negentiende-eeuse kerkman Horace Bushnell binne hierdie konteks aan: "Geen getroude paartjie is veronderstel om soos 'n ander paartjie te wees nie. God het net soveel planne vir getroude paartjies as wat daar getroude paartjies is; en daarom verwag Hy nooit dat hulle moet probeer om ander paartjies na te boots nie.”


Jy is die een helfte van 'n unieke paartjie. Geen ander paartjie het dieselfde gawes, swakhede, geskiedenis, dinamika, kinders en roeping as julle nie. Jy sal soveel gemakliker voel as jy aanvaar dat julle as 'n paartjie uniek is. Julle is dalk sterk in 'n sekere terrein en swak in 'n ander, kwesbaar hier en goed geanker daar, suksesvol in een aspek en terselfdertyd onsuksesvol met iets anders. Tog is julle uniek en deur God geroep om 'n unieke doel op aarde te vervul.


God het jou tuiste en huwelik daargestel en dit is die lewe wat Hy wil hê jy moet leef. Moet nooit julle waarde opweeg teen dié van ander paartjies nie. Vertrou Hom om julle te help om julle roeping te vervul. Moenie ander paartjies as maatstaf gebruik om jou huwelik se geluk mee te meet nie. Vergelyk eerder jou gehoorsaamheid aan God se plan vir jou lewe om te bepaal hoe getrou jy is.


Wees gemaklik met julle lewensverhaal en identiteit as paartjie. Vertroetel dit. Moet nooit vergelyk nie. Wees net getrou aan die unieke visie wat God aan albei van julle gegee het. God het nie nog 'n paartjie nodig wat presies soos julle is nie. Hy is baie meer kreatief as dit. Hy wil julle seën en toelaat om te wees wie Hy julle bedoel het om te wees.


* Met watter paartjies vergelyk julle julself soms? Glo jy dat God julle altwee op 'n spesiale reis gestuur het om sy doel te bereik? Hoe leef julle dit uit?


Het jy hierdie leesplan geniet? Indien wel, skryf in om die volledige boek te wen, by http://www.dccpromo.com/a_lifelong_love


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Breathe Spiritual Passion Into Your Marriage

In sy nuwe boek "A Lifelong Love," gesels Gary Thomas oor die ewige doel van die huwelik. Kry praktiese hulpmiddels wat sal help om jou huwelik in 'n inspirerende verhouding te verander en terselfdertyd geestelike lewe n...

More

Ons bedank graag vir David C Cook vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://www.dccpromo.com/a_lifelong_love/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid