Leesplan inligting

Blaas Geestelike Passie In Jou HuwelikVoorbeeld

Breathe Spiritual Passion Into Your Marriage

DAG 2 VAN 7

Met die ewige lewe in gedagte


Vra jouself: Hoe dikwels stry ons oor dinge wat op die ou end nie regtig saak maak nie? Hoeveel huweliksprobleme sou opgelos kon word as getroudes een maal per maand Die bergrede saam sou lees? (Matteus 5 — 7).


Dis nie nodig om die wêreldse dinge te minag nie — dis onnodig — die hemelse dinge moet bloot belangriker geag word. Jonathan Edwards het dit digterlik gestel: "Vaders en moeders, manne, vroue of kinders, of aardse vriende, is maar net skadubeelde; maar die genot wat ons uit God put het waarde. Hierdie is maar verspreide ligstrale, maar God is die son. Hierdie is net strome, maar God is die fontein. Hierdie is net druppels, maar God is die oseaan."


Dit beteken dat ons gedurig daaraan moet werk om obsessief gefokus te bly, anders fokus ons op doelwitte van laer prioriteit (al is dit ook belangrik). Ons probeer om ons kommunikasievaardighede te verbeter, om ons geldsake te laat klop, om romanse in die huwelik te behou, ensovoorts. Ons moet in gedagte hou dat hierdie dinge nie ál is waaroor die lewe gaan nie en ook nie die einddoel is nie. Edwards herinner ons:


"As ons lewens nie 'n reis na die hemel is nie, is dit 'n reis na die hel." As jy dit regtig wil uitleef, gesels een keer 'n maand hieroor met jou huweliksmaat en/of 'n groep goeie vriende. Vra mekaar: "Hoe beïnvloed die wete dat ons op pad hemel toe is, die manier waarop ons mekaar liefhet, hoe ons ons kinders grootmaak, ons geld spandeer en ons tyd gebruik?"


* Leef jy en jou huweliksmaat elke dag met die hoop op die ewige lewe? As julle dit kon regkry om altyd die ewigheid in gedagte te hou, watter invloed sou dit op julle daaglikse lewe hê?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Breathe Spiritual Passion Into Your Marriage

In sy nuwe boek "A Lifelong Love," gesels Gary Thomas oor die ewige doel van die huwelik. Kry praktiese hulpmiddels wat sal help om jou huwelik in 'n inspirerende verhouding te verander en terselfdertyd geestelike lewe n...

More

Ons bedank graag vir David C Cook vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://www.dccpromo.com/a_lifelong_love/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid