Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 95 VAN 280

WARE LEIERSKAP

In Deuteronomium 17 word daar verwys na die verantwoordelikheid van leiers om die wet van God te bestudeer en daarop staat te maak terwyl hulle regeer het. Dit het hulle nederig gehou. Hulle het op God gekonsentreer en dit het hulle gehelp om die regte besluite te neem sodat hulle nie van sy pad sou afwyk nie. Dit was natuurlik nie maklik nie en die Israelitiese leiers het baie keer misluk. Wanneer hulle afgedwaal het, het God getrou die nagevolge gelewer.

God se raad vir leiers het nie verander nie! As die leier van jou gesin, moet jy erken dat jy uit die Woord van God moet leer. Wanneer ons persoonlike studie en gebed nalaat, verloor ons gou ons goddelike fokus aangaande onsself en ons gesin. Is die nagevolge ver agter?

Om 'n goeie leier te wees moet jy elke dag die leiding van jou Leier soek.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com