Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 66 VAN 280

UITHOUVERMOË EN GEDULD

Party ouers is geseënd met gehoorsame kinders wat graag hulle ma en pa wil behaag. Ander ouers se kinders toets gereeld die grense. Hierdie gedurige toutrekkery kan 'n ouer tot op die rand van sy geduld en uithouvermoë dryf.

Gelukkig kan jy jou tot jou hemelse Vader wend. Hy weet wat jy deurmaak, want sy kinders, behalwe Een, rebelleer gereeld. God belowe om jou met sy krag te versterk sodat "sy krag júlle krag word sodat julle glad nie ongeduldig word en begin moed verloor nie" (Kolossense 1:11b DB).

God gee vir ouers met rebelse kinders die geduld en uithouvermoë wat hulle nodig het. Vra net!

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com