Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 144 VAN 280

SAAI EN OES

Die een manier waarop ons hierdie Bybelse beginsel vir ons kinders kan leer, is om konsekwent in ons dissipline te wees. Wanneer ons ons kinders altyd die nagevolge van hulle keuses laat ondervind, leer hulle dat hul keuses baie belangrik is en die kwaliteit van hulle lewens beïnvloed. Met ander woorde; hulle sal oes wat hulle gesaai het.

Daar is geen twyfel dat dit tyd en energie kos om ons kinders te dissiplineer nie. Ons mag dalk in die versoeking kom om hulle verkeerde keuses oor te sien omdat dit gerieflik is, ons te moeg is of omdat ons hulle reaksie vrees. Dit sal help as jy op die groter prentjie en die doel van dissipline konsentreer. Dit is belangrik vir ons kinders om te leer dat hulle keuses hulle lewe hier op aarde beïnvloed, maar dit is meer belangrik dat hulle sal verstaan dat wat hulle saai hulle tot in ewigheid sal oes, indien hulle besluit om Christus te volg.

Leer jou kinders die beginsel van saai en oes en help hulle om die regte saad te saai.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com