Leesplan inligting

God se HartklopVoorbeeld

The Heartbeat of God

DAG 4 VAN 30

MY HULP

Psalm 94: 17-19

O God, U is my hulp. Ek is 'n swak en weerlose wese wat U redding dringend nodig het! Dankie dat U my nie oor die hoof gesien het toe ek tot U geroep het nie. Ek het geduldig vir U gewag; en U het na my toe afgebuig en my geroep gehoor. U het my uit die put van die dood gehaal, uit die modder en slym; U het my voete op 'n rots gesit waar ek veilig kon loop. U het vir my 'n nuwe lied in die mond gegee, 'n loflied vir U. O God, deur U verlossende liefde, sal my siel nie meer swyg nie! Hoor my sing, "Kyk, God is my hulp; die Here is die onderhouer van my siel." U Heilige Gees, my hulp, woon nou vir ewig in my! U verander my somber gedagtes na vreugde; U verander my angstige gedagtes na vrede; U verander my eenvoudige gedagtes, na wysheid. O God, my siel verlustig hom in die wonderlike maniere waarop U werk!

© Chris Baxter 2014 Ð Clear Day Uitgewers

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Heartbeat of God

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "Die hartklop van God." Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O God, U is...". Dan word Sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O God, U is goed") ontvou....

More

Baie dankie aan Chris Baxter wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.respitefortheweary.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid