God se HartklopVoorbeeld

HERE EN MEESTER
Lukas 1:38
O Vader, U is die Here en Meester. Die hemel is u troon, en die aarde is u voetstoel. Die son, die maan en die sterre, gehoorsaam U. Liewe Heer, ek wil ook onder u gesag wees. Ek verbly my omdat U my siel uit die gevangenis gebring het. My hart is aan U verbonde deur die koorde van u genade en goedheid. En nou, o Heer, my Heer, het u onfeilbare liefde my lewensasem geword! Ek wil u wil doen; Ek wil u stem gehoorsaam! Help my om te onthou dat U my nooit bo my vermoë sal beproef nie of my vra om 'n taak wat vir my te moeilik is, te verrig nie. Wanneer broosheid en twyfel my begin verswak, bid ek dat U my asseblief weer eens sal vervul. Help my om op u daaglikse oproep vir my lewe te reageer: Wees sterk en moedig; moenie bevrees wees nie, moenie verskrik wees nie. Help my om te glo dat U my nie in die steek sal laat en my nie sal verlaat nie. Gaan voort om my sterk te maak, o Vader, en asseblief, wek my siel op tot nuwe moed! Wanneer U vanaf u majestueuse troon vra: "Wie sal ek stuur en wie sal vir ons gaan?" ,wil ek altyd gereed en gewillig wees om met ontsag te reageer: "Here en Meester, hier is ek, stuur my!"
© Chris Baxter 2014 Clear Day Uitgewers
Aangaande hierdie leesplan

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.
More
Verwante Leesplanne

Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper

Gesprekke Met God

Om na God te Luister

Oorwinning Deur Middel Van Swakheid

Kruis & Kroon

Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai Nie

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met Jesus

Hoe Gaan Dit Met Jou Siel?

Onverwags
