Leesplan inligting

Gebed: 'n 14-dag leesplan deur Tim KellerVoorbeeld

Prayer: A 14-Day Devotional by Tim Keller

DAG 6 VAN 14

Die Bybel gaan alles oor God, en daarom is die praktyk van gebed so alomteenwoordig op sy bladsye. Die grootheid van gebed is niks anders as 'n verlenging en uitbreiding van die grootheid en heerlikheid van God in ons lewens nie. Die Skrif is ‘n aaneenlopende getuienis van hierdie waarheid.



In Genesis sien ons elkeen van die aartsvaders — Abraham, Isak en Jakob — wat reguit en met vertroue bid. Abraham se hardnekkige gebed om God se genade oor die heidense stede Sodom en Gomorra is merkwaardig (Genesis 18:23). In Eksodus was dit gebed wat Moses gehelp het om Israel uit die juk van slawerny in Egipte te bevry. Die geskenk van gebed maak Israel groot: “Watter groot nasie se god is so by hom soos die Here ons God by ons is elke keer as ons tot Hom bid?” (Deuteronomium 4:7).



Om te versuim om te bid, is dus nie bloot een of ander godsdienstige reël wat gebreek word nie — dit is 'n versuim om God as God te benader. Dit is 'n sonde teen sy heerlikheid. In 1 Samuel 12:23 sê die profeet Samuel vir sy mense: “Ook ek sal nie teen die Here sondig deur op te hou om vir julle te bid nie ...". Koning Dawid het baie van die Psalms, God se geïnspireerde gebedeboek, waarin beroep gedoen word op God, geskryf — “aan U wat die gebed verhoor ...” (Psalm 65:3 AFR83). Sy seun Salomo het die tempel in Jerusalem gebou en dit toe met 'n indrukwekkende gebed ingewy. Salomo se belangrikste versoek vir die tempel was dat God daaruit sy volk se gebede sou verhoor — Salomo se hoogste gebed was inderdaad vir die gawe van gebed self. Verder het hy gehoop dat ander wat “gehoor het van u groot Naam, u mag en krag, selfs uit 'n ver land kom en na hierdie tempel toe bid” (1 Konings 8:42). Weereens sien ons dat gebed bloot 'n erkenning van die grootheid van God is.



Geneem uit gebed deur Timothy Keller.

Herdruk met vergunning van Dutton, 'n lid van Penguin Group (USA) LLC, A Penguin Random House Company. Kopiereg © 2014 deur Timothy Keller
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Prayer: A 14-Day Devotional by Tim Keller

New York Times se topverkoper-skrywer en bekende pastoor Timothy Keller ondersoek die krag van gebed, en hoe lesers gebede meer persoonlik en kragtiger kan maak, deur 'n dieper verbintenis met God te smee.

Baie dankie aan Dutton, 'n lid van Penguin Random House, vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: www.TimothyKeller.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid