Leesplan inligting

Gebed: 'n 14-dag leesplan deur Tim KellerVoorbeeld

Prayer: A 14-Day Devotional by Tim Keller

DAG 5 VAN 14

Die sewentiende-eeuse Engelse teoloog John Owen het 'n waarskuwing aan gewilde en suksesvolle predikers geskryf:



Die gemeente se kerkbanke kan vol wees, hy kan honger mense voed en nog vele ander goeie dinge doen, maar wat daardie prediker in die geheim op sy knieë is voor God die Almagtige, dit is wat hom definieer en niks meer nie.



Om jouself te ontdek, kyk waaraan jy jou gedagtes wy wanneer niks jou dwing om oor iets spesifieks te dink nie. Gaan jou gedagtes op sulke oomblikke na God toe? Jy wil dalk as ’n nederige, beskeie persoon gesien word, maar neem jy die inisiatief om jou sondes voor God te bely? Jy wil graag as 'n positiewe, vrolike mens beskou word, maar dank jy God gewoonlik vir alles wat jy het en prys Hom vir wie Hy is? Jy praat dalk baie oor wat 'n "seën" jou geloof is en hoe jy "die Here regtig liefhet", maar as jy nie gereeld met God praat in gebed nie — is dit werklik waar? As jy nie blymoedig, nederig en getrou is in die tyd wat jy stil is voor God nie, dan sal jou uiterlike beeld nie ooreenstem met wie en wat jy werklik is nie.



Net voordat Jesus die Ons Vader-gebed aan sy dissipels gegee het, het Jesus 'n paar voorlopige idees aangebied, insluitend hierdie een: “Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon” (Matteus 6:5–6). Die onfeilbare toets van geestelike integriteit, sê Jesus, is jou private gebedslewe.



Geneem uit gebed deur Timothy Keller.

Herdruk met vergunning van Dutton, 'n lid van Penguin Group (USA) LLC, A Penguin Random House Company. Kopiereg © 2014 deur Timothy Keller
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Prayer: A 14-Day Devotional by Tim Keller

New York Times se topverkoper-skrywer en bekende pastoor Timothy Keller ondersoek die krag van gebed, en hoe lesers gebede meer persoonlik en kragtiger kan maak, deur 'n dieper verbintenis met God te smee.

Baie dankie aan Dutton, 'n lid van Penguin Random House, vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: www.TimothyKeller.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid