Leesplan inligting

Gebed: 'n 14-dag leesplan deur Tim KellerVoorbeeld

Prayer: A 14-Day Devotional by Tim Keller

DAG 7 VAN 14

Jesus het sy dissipels leer bid, mense deur gebed gesond gemaak, die korrupsie van die tempel aanbidding aan die kaak gestel (wat, Hy gesê het, 'n “huis van gebed” moet wees), en daarop aangedring dat sommige bose geeste slegs deur gebed uitgedryf kon word. Hy het gereeld gebid met harde geroep en trane (Hebreërs 5:7), en soms die hele nag deur. Die Heilige Gees het oor Hom neergedaal en Hom gesalf terwyl Hy gebid het (Lukas 3:21-22), en is Hy met die goddelike heerlikheid herskep terwyl Hy gebid het (Lukas 9:29). Toe Jesus sy grootste krisis beleef het, het Hy dit gedoen met gebed. Ons lees dat Hy vir sy dissipels en die kerk gedurende die nag voor sy dood gebid het (Johannes 17:1–26) en ook in sielsangs tot God in die tuin van Getsemane gebid het. Uiteindelik het Hy gesterf terwyl Hy gebid het.



Onmiddellik na Jesus se dood het sy dissipels hulself voorberei vir die toekoms deur "almal eensgesind te volhard in gebed" (Handelinge 1:14). Alle kerkdienste is “toegewy . . . aan gebed” (Handelinge 2:42; 11:5; 12:5).



Die krag van die Gees daal op die vroeë Christene neer in reaksie op kragtige gebed, en leiers word slegs met gebed gekies en aangestel. Daar word van alle Christene verwag om 'n gereelde, getroue, toegewyde en vurige gebedslewe te hê. In die boek Handelinge is gebed een van die hoof aanduidings dat die Heilige Gees in die mensehart deur geloof in Christus gekom het. Die Gees gee ons die vertroue en begeerte om tot God te bid en dit stel ons in staat om te bid selfs wanneer ons nie weet wat om te sê nie. Christene word geleer dat gebed hul hele dag en hele lewe moet oorheers — hulle moet "gedurig bid” (1 Tessalonisense 5:17).



Gebed is so groot dat waar jy ook al in die Bybel kyk, is dit daar. Hoekom? Oral waar God is, is gebed. Omdat God alomteenwoordig en oneindig groot is, moet gebed allesoorheersend in ons lewens wees.



Geneem uit gebed deur Timothy Keller.

Herdruk met vergunning van Dutton, 'n lid van Penguin Group (USA) LLC, A Penguin Random House Company. Kopiereg © 2014 deur Timothy Keller
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Prayer: A 14-Day Devotional by Tim Keller

New York Times se topverkoper-skrywer en bekende pastoor Timothy Keller ondersoek die krag van gebed, en hoe lesers gebede meer persoonlik en kragtiger kan maak, deur 'n dieper verbintenis met God te smee.

Baie dankie aan Dutton, 'n lid van Penguin Random House, vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: www.TimothyKeller.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid