Leesplan inligting

Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 25 VAN 41

Lees: 2 Korintiërs 3:4-5

SOAP: 2 Korintiërs 3:4-5

Het jy al ooit geweet wat God wil hê jy moet doen in jou lewe, maar jy was te bang dat jy nie die vermoë het om sy roeping te voltooi nie? Jy is nie alleen in jou vrees nie. 'n Leuen wat baie van ons glo, is dat ons nie kan weet of kan doen wat God vir ons in hierdie lewe wil hê nie. Ons kan hierdie leuen beveg met die Skrif. 

2 Korintiërs 3:4-5 sê dat ons deur Christus ten volle op God vertrou. God gee ons alles wat ons nodig het om sy planne vir ons te voltooi. Hierdie vertroue word nie verkry deur ons eie bekwaamheid nie, maar elke bekwaamheid wat ons het kom deur Christus.  

Dink oor iets wat jy voel God wil hê dat jy vir Hom moet bereik, maar wat jy dalk in die verlede bang was om te doen. Wetende dat God jou sal voorsien met alles wat jy nodig het om sy taak te voltooi, watter stap voel jy dat jy moet neem om in gehoorsaamheid te wandel? 

Hemelse Vader, dankie vir die waarheid van u Woord. Ek bid dat ek na U sal roep in tye van swakheid of twyfel. Dankie vir u bekragtiging en bemagtiging in my lewe deur Christus. Help my om op Hom staat te maak in alles wat ek doen. 

In Jesus se naam,

Amen

Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons bai...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid