Leesplan inligting

Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 24 VAN 41

Lees: Spreuke 16:18; Johannes 15:5; Jakobus 1:17

SOAP: Johannes 15:5

Menigte mense het geskryf oor die geheim tot sukses. Verhale van mense wat oornag sukses bereik het, gryp die verbeelding van baie mense aan. Realiteit televisie maak geld uit hierdie betowering. Wanneer jy 'n mylpaal bereik waaraan jy gewerk het, is dit maklik om jou te verlustig in die volvoering daarvan. Dit is geen wonder dat sukses verslawend kan wees nie. Maar ons moet onthou dat sukses ons nie definieër nie. 

Wanneer ons 'n mylpaal in ons lewens bereik, moet ons onthou Wie ons gebring het tot waar ons is. Jesus is die bron van ons bekwaamheid. Dit is deur Hom wat ons enige iets kan doen.  

Hemelse Vader, dankie vir hoe U my geseën het. Help my om altyd my oë op U te hou en te onthou dat enige iets in my lewe wat goed is, enige sukses wat ek mag bereik, alles as gevolg van U is. Help my om my lewe vir U glorie te leef, nie vir my eie nie. 

In Jesus se naam,

Amen.

 

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons bai...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid