Leesplan inligting

Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 30 VAN 41

Lees: Matteus 6:19-21; Lukas 12:15; Prediker 3:11

SOAP: Matteus 6:19-21

Het jy 'n versameling van enige aard? Jy kan foto's van die wêreld se grootste versamelings van doedelsakke, getekende basketballe en DVD’s aanlyn sien. Ironies genoeg kla die eienaar van die wêreld se grootste DVD-versameling dat hy nooit iets kan kry om te kyk nie!

Ons dink besittings sal geluk bring. Inkopie-togte verlig ons trane. Tog vul die items wat ons versamel nie ons geestelike leemte nie. Jesus het geleer om 'n behoorlike perspektief op besittings te handhaaf. Uiteindelik behoort ons rykdom en ons lewens aan God. Ons kan nie ons besittings met ons saamneem die ewigheid in nie. Om al ons tyd, hulpbronne en energie in materiële dinge te plaas, is dus vrugteloos. Hoe ons die hulpbronne wat God ons gee bestuur, wys waar ons prioriteite en gevoelens lê.

Hoe gebruik jy tans jou besittings om God te verheerlik? Is daar enigiets in jou lewe wat jy moet prioritiseer om meer plek vir Jesus te maak?

Hemelse Vader, dankie dat U 'n goeie en genadige God is wat die gewer van alle goeie dinge is. Help my om te besef dat alles wat ek het, 'n gawe van U is. Here, help my om dít wat ek het, te gebruik om ander te help.

In Jesus se naam,

Amen

Dag 29Dag 31

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons bai...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid