Leesplan inligting

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekomsVoorbeeld

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekoms

DAG 25 VAN 41

Lees: 2 Tessalonisense 1:9-10

SOAP: 2 Tessalonisense 1:10 

'n Veranderde lewe getuig dat die Evangelie waar is. Paulus se getuienis was 'n voorbeeld van hoe om alles aan Jesus oor te gee, 'n persoon se ewige toekoms kan transformeer. Ons kies ons erfenis deur hoe ons reageer op die Goeie Nuus. Die dag van Christus se triomfantelike wederkoms sal glorieryk wees vir diegene wat hulle geloof geplaas het in Christus vir die vergifnis van sondes. Maar, vir diegene wat aangehou het om sonde te verheerlik en wat Christus verwerp het, sal daar ewige straf wees in die hel en totale skeiding van God. 

Deur jou getuienis te deel, kan die ewige toekoms van 'n verlore siel verander. Met wie kan jy hierdie week jou storie deel? Vra God om jou moed te gee om jou mond oop te maak en lewe en vrede te spreek oor 'n geliefde wat tans wandel na ewige verderf toe. 

Here God, dankie vir die kruis en dat U my lewe verander het. Help my om hierdie week my getuienis te deel met iemand wat U verlossing nodig het. Amen

 

Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekoms

Ons ontmoet 'n jong gemeente wat deur baie moeilike storms gaan. Hulle lewens word bedreig deur erge vervolging, en hulle klou vas aan die belofte dat Jesus weer sal kom. Dis meer as net 'n hoopvolle wens; dit is 'n be...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid