Leesplan inligting

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekomsVoorbeeld

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekoms

DAG 26 VAN 41

Lees: 2 Tessalonisense 1:11-12

SOAP: 2 Tessalonisense 1:11

Paulus het aanhoudend gebid vir God om die gelowiges in Tessalonika te bekragtig om lewens te leef wat waardig is vir Christus. Die smeking van sy hart was om te sien dat God in en deur elkeen van hulle lewens verheerlik word, en daarom het hy om hulle onthalwe ingetree en God gevra om hulle Sy genade en sterkte te skenk. Hy wou hê dat die Tessalonisense 'n onverskrokke geloof ontwikkel en voortgaan om sterk te staan selfs te midde van hulle lyding. 

Bid jy tot God om jou geliefdes te help om 'n onverskrokke geloof te ontwikkel? Om vir mekaar te bid is 'n essensiële deel van die oorwinnende Christelike lewe. Wanneer jy worstel met ontmoediging, is die wysste reaksie om 'n paar godsvrugtige vrouens te vra om vir jou te bid om sterk te staan in die geloof. 

Here, ek wil waardig wees en U deur my lewe eer hierdie week. Groei 'n onverskrokke geloof in my hart en in die lewens van my geliefdes. Amen

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekoms

Ons ontmoet 'n jong gemeente wat deur baie moeilike storms gaan. Hulle lewens word bedreig deur erge vervolging, en hulle klou vas aan die belofte dat Jesus weer sal kom. Dis meer as net 'n hoopvolle wens; dit is 'n be...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid