Leesplan inligting

Verhoudings van die Koninkryk – 'n Leesplan oor die Huwelik, Romantiese Verhoudings en EnkellopendesVoorbeeld

Relationships Of The Kingdom – A Plan On Marriage, Dating And Singleness

DAG 3 VAN 3

Romantiese Afsprake


Die tydperk van romantiese afsprake kan soms verwarrend wees. Dit kan ook 'n tyd van groot ondervinding en vriendskap wees. Te midde van die voortdurende veranderinge wat romantiese afsprake kan bied, moet ons God se belofte onthou: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, ... voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!”



God se planne vir jou is net goed. Hy beplan nie vir jou mislukking of ondergang nie. Sy planne is om jou “voorspoedig te maak”. Dit is nie gemiddelde of middelmatige planne nie. Hulle is “goed, aangenaam en volmaak” (Jeremia 29:11).



Ons kan ons angs vir ons toekoms aan God oorgee en rus in die wete dat dieselfde Een wat die sterre tot stand gebring het, ons intiem ken en 'n plan vir elkeen van ons het. God sal nie sy planne op jou afdwing nie, maar Hy vereis jou samewerking. As jy wil hê dat sy planne in jou lewe vervul moet word, moet jy Hom soek. Hy belowe dat, as jy dit doen, jy Hom sal vind (Jeremia 29:13-14b). Terwyl jy tyd saam met God deurbring, laat Hom toe om jou na sy goeie planne vir jou te lei (Jeremia 29:14).



Soms, wanneer ons uitgaan, het ons egter ook raad nodig wat om te doen. Wat moet my prioriteite wees terwyl ek uitgaan? Met wie moet ek uitgaan? Paulus skryf: “Broers, op grond van die barmhartigheid van God [vanweë alles wat Jesus vir ons gedoen het deur die offer van Homself aan die kruis] roep ek julle dus nou op om julle liggame beskikbaar te stel as 'n offer wat lewend en heilig is, en vir God aanneemlik” (Romeine 12:1 AFR20). God wil jou en jou hele lewe hê — jou tyd, ambisies, besittings, ore, mond, verhoudings en seksualiteit — asook jou verstand, emosies en gesindhede. Paulus se beskrywing van 'n lewende offer herinner ons ook daaraan dat jy voortdurend jou lewe as 'n offer aan God moet bring — jou hele lewe, vir die res van jou lewe — as offer aan Hom. 



Soos Eugene Peterson Romeine 12:1 in "The Message (MSG)" vertaal: “Neem jou alledaagse, gewone lewe — jou slaap, eet, werk toe gaan en kuier lewe — en plaas dit voor God as 'n offergawe.” In alles, spoor die skrywer van Spreuke ons aan: “leef verstandig”. Jy het 'n rol om te speel om op God se roepstem te reageer, in sy weë te bly wandel, verstandig te leef en sodoende iets moois van jou lewe te maak. Jy kan kies waaraan jy dink. Die lewe wat jy lei, sal vanuit jou hart vloei. “Bewaak jou hart meer as enigiets wat bewaar word, want daaruit ontspring die lewe” (Spreuke 4:23 AFR20). Jy moet jou hart vul met goeie dinge — veral die woorde van God (Spreuke 4:20-21). Hulle bring “lewe” en “genesing” (Spreuke 4:22 AFR20). Dink aan “alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is” (Filippense 4:8). 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Relationships Of The Kingdom – A Plan On Marriage, Dating And Singleness

Het jy al ooit die huwelik oorweeg? Het jy al ooit gewonder of jou verhouding is wat God vir jou wil hê? Het jy al ooit gevoel dat om enkellopend te wees net 'n laaste uitweg is? Lees verder om uit te vind wat die Bybel ...

More

Ons wil Alpha bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://alpha.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid