Leesplan inligting

Verhoudings van die Koninkryk – 'n Leesplan oor die Huwelik, Romantiese Verhoudings en EnkellopendesVoorbeeld

Relationships Of The Kingdom – A Plan On Marriage, Dating And Singleness

DAG 2 VAN 3

Enkellopend 


  



Om enkellopend te wees kan dikwels in 'n bron van seën en 'n bron van pyn saamgevoeg wees. Dit is ook moeilik om nie te voel dit is net 'n oorgangsfase nie. Ons kan bang en paniekerig voel om enkellopend te wees, maar ons Skriflesing uit hierdie psalm herinner ons daaraan om ons tot God te wend en ons vrese na Hom toe te bring, want die psalmis sê: “Vertrou liewer op die Here” (Psalm 37:3). Geloof is vertroue. Dit is die teenoorgestelde van vrees en paniek. 



Die wete dat ons altyd iemand het na wie ons in ons besluitneming kan gaan, help ons so baie: “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg” (Psalm 37:5). Dit is die sleutel tot leiding. Bring die besluit na God, vra Hom om op te tree en vertrou op Hom. 



Om God in ons besluite te vertrou, is 'n eenvoudige drieledige proses. Eerstens: neem die besluit in gebed na God, vra Hom om die deure oop te maak wat reg is vir jou, en om dié wat nie reg is nie, te sluit. Tweedens: vertrou dat Hy in beheer is. Derdens: wag in geloof vir Hom om op te tree terwyl jy voortgaan op jou “weg”, in die verwagting dat Hy sal optree. 



In die boek Hosea sien ons dat God ook wil hê dat jy in 'n verhouding met Hom moet leef, so na aan Hom as dié van 'n man en 'n vrou. Hy sê: “... sal Ek weer vir haar wingerde gee ...” (Hosea 2:14a). Hy sal haar na die woestyn toe bring (dit is so dikwels die plek waar God se stem gehoor word) en mooi dinge vir haar sê. "Dié dag, sê die Here, sal jy vir My sê ‘My man' ... Ek gaan jou my bruid maak vir altyd" (Hosea 2:15,18).



Dit is 'n vooruitskouing van Jesus se verhouding met sy kerk. God belowe 'n nuwe liefdesverhouding tussen Hom en sy volk (Hosea 2:18-19). Hulle sal erkenning gee aan die Here. Of jy nou enkellopend is of nie, hierdie verhouding met God is die diepste verhouding wat ons ooit kan hoop wat in ons verwek, onderhou en gekoester sal word.



In die Skriflesing uit die evangelie van Matteus praat Jesus direk van drie soorte ongetroudes. Eerstens weens genetiese oorsake — “Sommige is so van hulle geboorte af” (Matteus 19:12a NLV) en oorweeg nie eens die huwelik nie. Tweedens is daar gedwonge ongetroudes (19:12b) — hulle wat ontman is. Derdens is daar vrywillige ongetroudes — diegene wat “ter wille van die koningsheerskappy van God self verkies om so te bly” (19:12c NLV). Om enkellopend te wees kan tydelik of permanent wees, maar dit word nooit in die Nuwe Testament as tweede beste beskou nie. Beide die huwelik en om enkellopend te wees is hoë roepings en volgens die Nuwe Testament is daar voor- en nadele aan beide verbonde. 



Terwyl ons vandag hierdie Skrifgedeeltes lees, mag ons God se strewe na ons toegeneentheid ken, en gevul word met sy ewigdurende, liefdevolle Gees, wat hierdie verhouding deur Jesus moontlik maak. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Relationships Of The Kingdom – A Plan On Marriage, Dating And Singleness

Het jy al ooit die huwelik oorweeg? Het jy al ooit gewonder of jou verhouding is wat God vir jou wil hê? Het jy al ooit gevoel dat om enkellopend te wees net 'n laaste uitweg is? Lees verder om uit te vind wat die Bybel ...

More

Ons wil Alpha bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://alpha.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid